Legoblokkies-koek

akkreditasie
Bak self 'n koek en volg dan een van ons eenvoudige (maar baie effektiewe) planne met klaarbereide plastiese versiersel om 'n Legoblokkie-koek te maak.

Jy benodig:

  • 3 klaarbereide madeira-koeke
  • 500 g plastiese versiersel (Sugarbird Ready to Roll)
  • 250 ml botterversiersel
  • Jou keuse van drie helder kleure
  • Lint om die blokkies mee af te werk

Maak so:

1. Sny die madeira-koeke se bokant af.

2. Verdeel die versiersel in drie en kleur elke derde soos jy wil: groen, blou en rooi dalk.

3. Smeer elke blok met botterversiersel. Rol die plastiese versiersel uit en drapeer dit oor die koekblok.  Sny die randjies netjies en maak die blokkie klaar met lint onder om.

4. Gebruik die oorskiet versiersel en rol dit uit tot 2 cm dik, en sny sirkeltjies daaruit. Plak vas bo-op die koekblokkies.

5. Posisioneer die lego-blokkies bo-op die koekbord.

6. Versier met lego-stukkies en karakters.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees