Limonade

akkreditasie
Heerlike tuisgemaakte limonade soos ouma altyd gemaak het!

Jy het nodig:

  • 1k water
  • 1k suiker
  • 1k vars uitgedrukte suurlemoensap (spwat 6 suurlemoene)
  • 4k yswater
  1. Verhit die water en suiker in 'n kastrol en roer tot dir suiker opgelos is.
  2. Voeg die suurlemoensap by en verwyder van die hitte.
  3. Giet die stroopmengsel in 'n bottel en laat dit afkoel.
  4. Meng dit op die dag met sowat 4 koppies yswater en sit voor.
  5. Jy kan ook die stroop net so voorsit en elke gas sy eie drankie laat meng.
  6. Die stroop is ook lekker saam met sodawater.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees