Makrolletjies

akkreditasie

Jy het nodig:

  • 1 ¼ gemaalde amandels
  • 1 ½ k versiersuiker
  • 4 eierwitte
  • ¼ k strooisuiker
  • 3 druppels voedselkleursel
  1. Bedek 3 bakplaatjies met bakpapier en smeer dit.
  2. Sif die amandels en die versiersuiker saam in 'n bak en hou eenkant.
  3. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.
  4. Klits die stroosuiker bietjie vir bietjie by tot dit net gemeng is en voeg die kleursel by.
  5. Vou eers die eerste helfte van die res tot dit heeltemal gemeng is en blink.
  6. Skep die mengsel in 'n spuitsak en spuit sirkels van sowat 4cm in deursnee op die bakplaat met dieselfde grootte spasies tussenin.
  7. Kap die bakplaat liggies sodat die lug uit die mengsel kan ontsnap en laat 'n uur rus.
  8. Verhit intussen die oond tot 110-130°C (afhangend van jou oond).
  9. Bak 18-20 minute, een plaat op 'n slag.
  10. Laat die makrolletjies op die bakplaat afkoel.

(Resep: www.taste.com.au)

Vulsel:

  1. Meng ¼k dubbelroom en 150g versiersuiker en gebruik dit om die koekies aan mekaar vas te plak.
  2. Jy kan die roommengsel ook kleur.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees