Meellose Mandarynkoek

akkreditasie
Vier jou baba se eerste verjaarsdag saam met vriende en familie met ons uithaler-mandaryn koek

Jy’t nodig

  • 4 mandaryne (altesaam sowat 375 g)
  • 5 eiers
  • 200 ml strooisuiker
  • 200 g gemaalde amandels
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 50 g amandelvlokkies vir versiering

Maak so

  1. Was die mandaryne baie goed.
  2. Sit die mandaryne met skil en al in ’n kastrol vol koue water en laat 2 uur lank prut.
  3. Dreineer die vrugte en laat afkoel. Sny dit middeldeur en verwyder die pitte.
  4. Verpulp die res (skil, vlees, alles) in ’n voedselverwerker
  5. Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  6. Smeer ’n ronde 23 cm-springveerpan met botter.
  7. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig.
  8. Voeg die amandels en bakpoeier by en meng.
  9. Voeg die verpulpte mandaryne by en meng goed.
  10. Giet in die voorbereide koekpan en bak sowat ’n uur.
  11. Laat dit in die koekpan afkoel. Haal eers uit die pan wanneer die koek heeltemal afgekoel het.
  12. Rooster die amandelvlokkies en strooi bo-op die koek. Sit die koek met room voor.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees