Ontbyt in 'n glas

akkreditasie
Genoeg vir twee mense.

Tuisgemaakte vrugteskommels is 'n maklike manier om jou kind vrugte te laat eet, maar jy kan ook 'n bietjie skelm proteïen inglip deur 'n rou eier of gemaalde neute by te voeg.

Jy proe nie die eier nie en dit gee die skommel 'n lekker gladde tekstuur.

Jy het nodig:

  • 2k melk
  • 1 eier
  • 1 piesang
  • 1 e heuning
  • 2 e jogurt
  • 1 e gemaalde amandel
  • 1 t vanielje-ekstrak

Metode:

Plaas al die bestandele in 'n groot beker en maak dit fyn met 'n stokmenger.

Variasies:

  • Voeg aarbeie, bloubessies, nektariene, perskes, pere, appels of mango's by.
  • Jy kan ook 'n groot skep grondboontjiebotter byvoeg.

WENK!

In die somer wanneer vrugte gou ryp word, is 'n vrugteskommel net die ding, want 'n effe oorryp vrug werk steeds goed.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees