Pannekoek en gebakte vrugte

akkreditasie
Sit hierdie gereg voor as 'n bederfontbyt of as nagereg. Lewer 6-8 pannekoeke.

Pannekoek

Bestandele:

  • 125ml volkoringmeel
  • 125ml koekmeelblom
  • 20ml suiker
  • 250ml melk
  • 30ml water
  • 125ml karringmelk
  • 2 eiers, geklits
  • Olie vir braai

Metode:

  1. Meng die meel en suiker.
  2. Klits die melk, water, karringmelken eiers en voeg by die meelmengsel.
  3. Meng goed en laat 20 minute rus.
  4. Verhit 'n 20cm pannekoekpan en smeer met 'n bietjie olie.
  5. Giet 60ml van die mengsel in die pan.
  6. Wag tot borreltjies op die oppervlak verskyn voor jy dit omdraai en die ander kant ook gaarmaak.
  7. Herhaal met die res van die mengsel.

Vrugte

Bestandele:

  • 2 piesangs, in dik skywe
  • 2 appels, 2 pere, 2 nektariens, in growwe stukke gekap
  • 60ml lemoensap
  • 5ml kaneel

Metode:

  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Pak al die vrugte in 'n plat oondvaste bak.
  3. Meng die lemoensap deur en sprinkel die kaneel oor.
  4. Bak 20 minute of tot gaar, maar nie pap nie.
  5. Sit die vrugte onmiddelik warm voor saam met die pannekoeke en met jogurt en heuning.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees