Piesang-en-pynappel-gebak

akkreditasie
Lewer 4-6 porsies.

Jy het nodig:

  • 2 piesangs
  • ½ pynappels
  • 15ml suurlemoensap
  • 2 eiers
  • 30ml stroosuiker
  • 30ml gladde appelkooskonfyt
  • 250ml klapper

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n oondvaste bak met botter.
  2. Skil die piesangs en sny in skywe. Skil die pynappel en sny in stukkies, ongeveer so groot soos die piesangskywe. Moenie harde stronk gebruik nie.
  3. Pak die piesang-en pynappelstukke in die bak. Sprinkel die suurlemoensap oor.
  4. Klits die eiers en suiker tot lig en romerig.
  5. Klits die appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Vou die klapper by tot goed gekombineer. Giet die eiermegsel bo-oor die vrugte.
  6. Bak 25 minute of tot goudbruin bo-op. Sit warm voor saam met roomys.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees