Pruimedantpuree en hawermout

akkreditasie
Genoeg vir 4 mense.

Bestanddele:

  • 10 gedroogte, pitlose pruimedante
  • ½ piesang
  • hawermoutpap, gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie
  • 2,5-5ml gemaalde amandels

Metode:

  1. Laat die pruimedante sowat 10 minuute in 'n bietjie water prut tot heeltemal sag.
  2. Verpulp dit met 'n stokmenger.
  3. Druk die piesang met 'n vurk fyn.
  4. Voeg 15-30ml van die pruimedantpuree by en skep dit oor die bakkie hawermout.
  5. Sprinkel die amandels oor.

WENKE!

  • Vir een porsie hawermout: Meng 30ml rou hawermout met 90ml water en prut saam tot gaar. Jy kan dit ook 3 minute in die mikrogolf gaarmaak.
  • Vries die oorskietpuree vir 'n volgende ete.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees