Rooi fluweelkoek

akkreditasie
Dis heerlik ryk en dekadent.

Jy't nodig:

  • 625ml koekmeelblom, gesif
  • 2ml sout
  • 30ml kakaopoeier
  • 125ml ongesoute botter, teen kamertemperatuur
  • 625ml suiker
  • 2 groot eiers
  • 1 t vanieljegeursel
  • 125ml karringmelk
  • 30ml vloeibare rooi voedselkleursel
  • 5ml koeksoda
  • 5ml witasyn
  • 250ml dubbelroom vir versiersel
  • 375ml versiersuiker vir versiersel
  • 5ml vanieljegeursel vir versiersel

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer twee koekpanne.
  2. Sif die meel, sout en kakao in 'n groot mengbak.
  3. Klits die botter tot sag. Voeg die suiker by en klits totdat die beslag lig en donsig is.
  4. Voeg die eier by en klits dit deeglik saam.
  5. Voeg laastens die vanieljegeursel by.
  6. Meng die karringmelk en rooi voedselkleursel in 'n maatbeker saam.
  7. Meng die meelmengsel en die rooi karringmelk by die bottermengsel met 'n elektriese klitser op lae spoed. Wissel die twee bietjie vir bietjie af.
  8. Giet die asyn en die koeksoda in 'n klein koppie saam; die mengsel sal borrel. Vou dit vinnig met 'n metaalepel by die koekbeslag in.
  9. Giet die beslag in die gesmeerde koekpanne. Bak dit 20-25 minute of tot 'n toetspen skoon uit die koek kom.
  10. Laat die koeke 'n paar minute in die panne afkoel voor dit op 'n afkoelrak uitgedop word. Laat dit heeltemal afkoel voor jy dit versier.
  11. Versier nou die koek: Meng die versiersuiker en die room tot dit 'n gladde versiersel vorm. Voeg die vanieljegeursel by. Smeer 'n dun laag versiersel tussen die lae koek en 'n lekker dik laag bo-op. 

NOTA

Maak die versiersel twee keer aan as jy rondom die koek ook wil smeer.

WENK!

Ons het 'n koek van vier lae gemaak. Bak die koek in twee panne en sny dit daarna middeldeur, of bak dit in vier panne.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees