Rooifluweelkoek

akkreditasie
Ons rooifluweelkoek sal enige ooievaarstee of verjaarsdagpartytjie die geleentheid van die jaar maak.

Jy’t nodig

  • 625 ml (2½ k) koekmeelblom, gesif
  • 2 ml (½ t) sout
  • 30 ml (2 e) kakaopoeier
  • 125 ml (½ k) ongesoute botter, teen kamertemperatuur
  • 625 ml (2½ k) suiker
  • 2 groot eiers
  • 1 t vanieljegeursel
  • 250 ml (1 k) karringmelk
  • 30 ml (2 e) vloeibare rooi voedselkleursel
  • 5 ml (1 t) witasyn
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 250 ml (1 k) dubbelroom vir versiersel
  • 375 ml (1 ½ k) versiersuiker vir versiersel
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel vir versiersel

Maak so

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne (sien wenk).
  2. Sif die meel, sout en kakao in ’n groot mengbak.
  3. Klits die botter tot sag. Voeg die suiker by en klits totdat die beslag lig en donsig is.
  4. Voeg die eier by en klits dit deeglik saam.
  5. Voeg laastens die vanieljegeursel by.
  6. Meng die karringmelk en die rooi voedselkleursel in ’n maatbeker saam.
  7. Meng die meelmengsel en die rooi karringmelk by die bottermengsel met ’n elektriese klitser op lae spoed. Wissel die twee bietjie vir bietjie af.
  8. Giet die asyn en die koeksoda in ’n klein koppie saam; die mengsel sal borrel. Vou dit vinnig met ’n metaallepel by die koekbeslag in.
  9. Giet die beslag in die gesmeerde koekpanne. Bak dit 20 tot 25 minute of tot ’n toetspen skoon uit die koek kom.
  10. Laat die koeke ’n paar minute in die panne afkoel voor dit op ’n afkoelrak uitgedop word. Laat dit heeltemal afkoel voor jy dit versier.
  11. Versier nou die koek: Meng die versiersuiker en die room tot dit ’n gladde versiersel vorm. Voeg die vanieljegeursel by. Smeer ’n dun laag versiersel tussen die lae koek en ’n lekker dik laag bo-op.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees