"Roomys"-koek

akkreditasie
Emielke
Maak hierdie heerlike, maklike koek in die vorm van 'n roomys vir jou kind se partytjie!

Jy het nodig:

  • 1 plaatkoek
  • Geel en groen botterversiersel
  • Room uitrolversiersel
  • Roomysstrooisels
  • 'n Staaf PS-sjokolade (karamel-geur)

Sny 'n "hap" uit die bokant van die plaatkoek (kyk na die foto). Versier eers die onderste deel met geel botterversiersel en smeer dan die res van die koek met groen versiersel. Rol die uitrolversiersel uit en plaas dit op die boonste deel van die koek. Sny die rande aan die onderkant af sodat dit netjies lyk. Strooi die strooisels oor en druk die sjokoladestaaf in die onderkant as 'n stokkie. 

Stuur vir ons foto's van die verjaardagkoek wat jy self vir jou kind gebak het! Moenie bekommerd wees nie, dis nie 'n Pinterest-kompetisie nie... dis om te wys dat ons regte, gewone ma's ook kan bak (al moet ons knoei en baie versiersuiker opsmeer om die gate weg te steek)! Stuur aan web@babaenkleuter.co.za.  

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees