Salmkoekies

akkreditasie
Hier is ’n idee vir ’n gesonde hoofmaaltyd. Ons bron is Simply Good Food deur Justine Drake.

Lewer 6 tot 8 koekies

  • 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 x 400 g blik salm, gedreineer
  • 3 sprietuite, gekap
  • 2 e (30 ml) hawermout
  • 1 e (15 ml) suurlemoen skil
  • 2 t (10 ml) suurlemoensap
  • 1e (15 ml) fyn gekapte grasuie
  • swartpeper
  • 1 groot eierwit
  • 60 ml sesamsaad
  • olyfolie
  1. Kook die aartappels tot gaar.
  2. Dreineer en behou 125 ml van die kooksappe
  3. Druk die aartappels fyn saam met die kooksappe.
  4. Voeg die salm, sprietuie, hawermout, suurlemoenskil en -sap, grasuie en peper by.
  5. Meng goed en vorm in koekies. Plaas 10 minute in die yskas.
  6. Verf die koekies met die eierwit en sprinkel die sesamsaad oor.
  7. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n kleefvrye pan. Braai die koekies tot goudkleurig en deurwarm.
  8. Dreineer op handdoekpapier en sit voor.

Wenk: Voeg mieliepitte of gerasperde murgpampoentjie by die mengsel.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees