Salmpasta

akkreditasie
Lewer 2-4 porsies (ligte ete).

Bestanddele:

  • 250g skulpiepasta
  • 'n skeut olyfolie
  • 100g gerookte salm, in repies gesny
  • 125-250ml room
  • sap van 1 suurlemoen

Maak so:

  1. Maak die pasta volgens die aanwysings op die pak gaar.
  2. Dreineer en gooi die pasta terug in die warm kastrol.
  3. Roer die salm en room versigtig deur.
  4. Geur met die suurlemoensap en sit onmiddelik voor.

VARIASIES

Gebruik gerookte forel in plaas van salm- dis goedkoper. Voeg gekapte dille of Italiaanse pietersielie en 'n lekker draai swartpeper vir die grootmense by.

Vir 'n minder ryk sous, kan die room met 45-60ml jogurt vervang word.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees