Seekatkoekresep

akkreditasie
Bak self 'n seekatkoek deur on seenvoudige (maar baie effektiewe) planne met klaarbereide plastiese versiersel te volg.

Koekresep:

Jy benodig:

  • 300 g botter
  • 1 ½ koppies strooisuiker
  • 2 teelepels vanielje-ekstrak
  • 4 eiers
  • 3 koppies meelblom, gesif
  • 1 ½ eetlepels bakpoeier

1 ½ koppies melk

Maak so:

1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
2. Klits die botter, vanielje en suiker in die koekmenger tot lig en romerig.
3. Voeg die eiers een vir een by en klop tot goed gemeng.
4. Voeg die meel, bakpoeier en melk by en klop tot gekombineer.
5. Skep die mengsel in ‘n koekpan, uitgevoer met bakpapier en bak vir ‘n uur en 10 minute of tot gaar.
6. Laat afkoel in die koekpan vir 20 minute voor jy dit uitkeer op ‘n koekrak. Laat heeltemal afkoel voor jy begin versier.

Hierdie resep is genoeg vir twee reghoekige koekpanne van
20 cm by 30 cm, of twee ronde koekpanne van 22 cm.

Seekatkoek

Jy benodig:

  • Koekpan in bolvorm
  • 500 g plastiese versiersel, blou gekleur
  • 250 ml botterversiersel
  • Lint
  • Klein bietjie wit plastiese versiersel
  • Klein bietjie swart plastiese versiersel

Maak so:

1. Bak die koek en laat heeltemal afkoel. Sit dit op ‘n koekbord en smeer met botterversiersel.

2. Rol helfte van die blou versiersel uit tot 5 mm dik en drapeer oor die koek. Sny die randjies netjies en werk af met lint.

3. Vorm die tentakels uit die blou versiersel en posisioneer hulle op die koek, sommiges hoog en ander laag. Jou kind kan jou help.

4. Rol die swart en wit versiersel uit en maak sirkels vir die oë en mond. Plak die kop vas op die lyf met botterversiersel. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees