Sjokolade-en-bierkoek

akkreditasie
sjokolade en bier koek
sjokolade en bier koek
Vier jou baba se eerste verjaarsdag saam met vriende en familie met ons sjokolade-en-bierkoek.

Jy’t nodig

  • 250 ml (1 k) botter, sag gemaak
  • 400 ml bruinsuiker
  • 4 groot eiers, liggies geklits
  • 500 ml (2 k) plus 2 e (30 ml) koekmeelblom
  • 3 ml (½ t) bakpoeier
  • 10 ml (2 t) koeksoda
  • 200 ml kakao
  • 400 ml Guinness-bier
  • vars roosblare vir versiering
  • 250 ml (1 k) kooksjokolade vir versiering; maak seker dis die soort wat stol

Maak so

  • Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n koekpan van 20-25 cm.
  • Room die botter en suiker tot dit lig van kleur en romerig is.
  • Voeg die geklitste eiers stadig by.
  • Sif die meel, bakpoeier en koeksoda in ’n aparte bak saam.
  • Roer ook die kakao en die Guinnessbier in ’n beker saam.
  • Maak beurte om die meel- en Guinness-mengsels bietjie vir bietjie by die eiermengsel te voeg. Meng deeglik.
  • Skep die mengsel in die koekpan en bak ’n uur of tot ’n toetspen bykans skoon uit die koek kom.
    Die koek se bokant sal krake vorm, maar die binnekant sal klam bly.
  • Haal die koek uit die oond en laat rus ’n paar minute voor jy dit uit die pan haal en op ’n rak laat afkoel.
  • Strooi die roosblare bo-op die koek.
  • Smelt die kooksjokolade in die mikrogolf terwyl jy dit voortdurend roer. Drup van die sjokolade oor die roosblare. Smeer die res op bakpapier, wag tot dit net begin stol en sny dit in verskillende groottes. As dit hard is, lig die plat sjokoladeskerwe van die oppervlak en druk teen die kante van die koek.
  • Sit die koek voor met room en ’n sjokolade-, of bessiesous, of vars bessies.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees