Sjokolade-en-bierkoek

akkreditasie

Jy't nodig:

  • 250ml botter, sag gemaak
  • 400ml bruinsuiker
  • 4 grot eiers, liggies geklits
  • 500ml plus 30ml koekmeelblom
  • 3ml bakpoeier
  • 10ml koeksoda
  • 200ml kakao
  • 400ml Guiness-bier
  • vars roosblare vir versiering
  • 250ml kooksjokolade vir versiering; maak seker dis die soort wat stol

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer 'n koekpan van 20-25cm.
  2. Room die botter en suiker tot dit lig van kleur en romerig is.
  3. Voeg die geklitste eiers stadig by.
  4. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda in 'n aparte bak saam.
  5. Roer ook die kakao en die Guinnessbier in 'n beker saam.
  6. Maak beurte om die meel- en Guinness- mengsels bietjie vir bietjie by die eiermengsel te voeg. Meng deeglik.
  7. Skep die mengsel in die koekpan en bak 'n uur of tot 'n toetspen bykans skoon uit die koek kom. Die koek se bokant sal krake vorm, maar die binnekant sal kalm bly.
  8. Haal die koek uit die oond en laat rus 'n paar minute voor jy dit uit die pan haal en op 'n rak laat afkoel.
  9. Strooi die roosblare bo-op die koek.
  10. Smelt die kooksjokolade in die mikrogolf terwyl jy dit verdurend roer. Drup van die sjokolade oor die roosblare. Smeer die res op bakpapier, wag tot dit net begin stol en sny dit in verskillende groottes. As dit hard is, lig die plat sjokoladeskerwe van die oppervlak en druk teen die kante van die koek.
  11. Sit die koek voor met room en sjokolade of bessiesous, of vars bessies.

SLIM PLAN!

Doop net een kant van die roosblare in sjokolade en trek die blaar af sodra die sjokolade gestol het. dat het jy ook eetbare roosblare.

WENK!

Gebruik 'n pan met 'n los boom sodat die koek agterna maklik uitgelig en op die boom voorgesit kan word.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees