Soetrissiesop

akkreditasie
Lewer 4 porsies (2 volwassenes en 2 kinders).

Bestanddele:

  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 500 g soetpatats, geskil en in blokkies gesny
  • 1 ui, in kwarte gesny
  • 2 rooi soetrissies, gehalveer en ontpit
  • 500 ml (2 k) groenteaftreksel

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Meng die olie met die patats en ui.
  3. Rangskik op ’n bakplaat.
  4. Voeg die soetrissies by.
  5. Bak vir 45 minute.
  6. Verpulp die geroosterde groente saam met die aftreksel tot ’n gladde mengsel.
  7. ’n Voedselverwerker of stokmenger werk goed.
  8. Verhit in ’n kastrol voor bediening.
  9. Sit voor met brood van jou keuse of druk oulike vormpies uit roosterbrood vir die kinders.

WENK!

Indien verkies, kan die geroosterde soetrissies eers met ’n groentemessie geskil word voor dit verpulp word. As die sop te dik is, verdun met nog groenteaftreksel. Babas vanaf 7 maande kan saam eet aan die sop, maar probeer dan ’n groenteaftreksel gebruik wat laag is in natrium.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees