Tamatiesop

akkreditasie
Genoeg vir 4-6 mense.

Bestanddele:

  • 1 rooi-ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 1 wortel, gerasper
  • 5ml botter
  • 1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 30ml tamatiepuree
  • 600ml groenteaftreksel
  • 3 basiliekruidblare, fyn gekap
  • 60ml gladde maaskaas

Metode:

  1. Braai die ui, knoffel en wortel in die botter tot sag.
  2. Voeg die aartappel by en braai nog 5 minute.
  3. Voeg die tamaties, tamatiepuree, aftreksel en basiliekruid by.
  4. Laat kook, en verlaag dan die hitte en laat prut tot die aartappel sag is.
  5. Gebruik jou stokmenger om die sop glad te maak.
  6. Roer die maaskaas by en sit voor.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees