Tjippies & mayo

akkreditasie

Bestandele

  • 2 groot soetpatats (of meer, werk op 1 per persoon)
  • Olyfolie
  • Selderysout

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200°C.
  2. Skrop die soetpatats baie goed.
  3. Hou die skil aan, sny net kolle of lelike stukkies weg.
  4. Sny die soetpatats in vingerdikte skyfies.
  5. Sit die skyfies in 'n groot kastrol koue water met sout en bring tot kookpunt.
  6. Verwyder van die hitte en dreineer goed.
  7. Sprinkel die skyfies met olyfolie en meng tot hulle heeltemal bedek is.
  8. Besprinkel met 'n klein bietjie selderysout.
  9. Pak die skyfies in n enkellaag op 'n bakplaat.
  10. Dis beter as die skyfies nie aan mekaar raak nie.
  11. Bak vir 20 minute in die oond.
  12. Halfpad deur die baktyd kan jy die bakplaat skud om seker te maak die tjippies is los.
  13. Sit voor saam met tuisgemaakte mayonnaise.

Mayonnaise

Bestandele

  • 2 eiergele van gespasteuriseerde eiers
  • 5ml (1 t) Dijonmosterd
  • 10ml (2 t) suurlemoensap
  • knippie wit peper
  • 190ml (¾k) canola-olie of sonneblomolie

Metode:

  1. Klits die eiers, mosterd, suurlemoensap en peper saam.
  2. Hou aan met klits en voeg die olie bietjie-bietjies in 'n dun straaltjie by en klits deurlopend totdat alles bygevoeg is.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees