Tunaslaai

akkreditasie
Lewer 2-4 porsies.

Bestanddele:

  • 1 x 170 g-blikkie tunastukke in water, gedreineer
  • ½ x 340 g-blikkie heelpit mielies, gedreineer
  • 4 cm-stuk komkommer, in blokkies gesny
  • ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • ½ appel, in blokkies gesny
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) vars suurlemoensap
  • 2,5 ml (½ t) gedroogde tiemie

Maak so:

  1. Plaas die tuna, groente en appel elkeen in ’n aparte bakkie.
  2. Meng die olie, suurlemoensap en tiemie saam en sit in ’n bekertjie.
  3. Laat elkeen sy eie kombinasie van bestanddele op ’n bord pak en sit dit met die slaaisous voor.

VARIASIE

Gebruik agurkies in plaas van komkommer, voeg olywe en ’n hardgekookte eier by.

WENKE!

Gebruik ’n koekiedrukvorm om bruinbrood-en-bottertoebroodjies in oulike vorms te sny en sit saam met ’n porsie tunaslaai voor. Jy kan ook al die slaaibestanddele meng en saam met die slaaisous voorsit.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees