Vrugtejellie

akkreditasie

Bestanddele:

  • 1 groot mango, opgekap
  • 150ml vrugtesap plus 'n bietjie ekstra
  • 3 t (10g) gelatien
  • 50ml kookwater

Maak so:

  1. Maak die mango en vrugtesap in 'n voedselverwerker fyn.
  2. Vul die sap aan tot die totale volume 500ml is.
  3. Los die gelatien in die water op.
  4. Vieg dit by die mangomensel en verdeel tussen 4 jellievorms.
  5. Plaas dit in die yskas tot gestol, keer uit op 'n bordjie en sit voor saam met vars grenadella.

WENK!

Verwang die mango met enige vrug behalwe pynappel, papaja of vye (dit stol nie).


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees