Vuurpyl koek

akkreditasie
Vuurpyl koek
Vuurpyl koek
Hierdie vuurpyl koek sal jou seuntjie voel of hy op die maan is. Dis maklik om te bak en groot pret om te versier. 

Jy het nodig:

  • 1 plaatkoek (Klik hier vir die resep)
  • botterversiersel in minstens 2 kleure
  • klapper
  • uitrolversiersel of drop
  • smarties vir versiering

Stap #1

Kyk na die diagram om te sien hoe die koek gesny en opgebou word.

Stap #2

Smeer die hele koek met botterversiersel. Ons het wit versiersel gekies.

Stap #3

Strooi 'n lagie klapper bo-oor vir afronding. As jt ook wit versiersel gebruik, kan jy die klapper net oorstrooi. So nie, kleur die klapper in die kleur van jou versiersel. 



Stap #4

Kleur van die oorblywende versiersel in 'n sterk kleur soos rooi. Versier die vuurpyl na hartelus met patrone en strepe. Skryf ook jou kind se naam op sy koek. 

Stap #5

Gebruik ook Smarties vir versiering. Jy kan hou by een kleur of dit sommer meng. 

Stap #6

Rond die laaste stukkie van die koek met uitrolversiersel of drop af. (Ons het swart uitrolversiersel gebruik.) Sny sterre om onder op die koek te plak en prakseer 'n venstertjie. Jy kan ook net gewone botterversiersel in 'n ander kleur opspuit.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees