Aspersie en eier

  • 4 eiers
  • 300 g klein aspersies, gewas
  • ¼ k (60 ml) mayonnaise
  • 1 e (15 ml) suurlemoensap
  • 4 snye geroosterde ciabatta
  • skaafsels parmesaankaas

Gaan so te werk

1. Plaas die eiers in ’n kastrol halfvol koue water. Bring tot kookpunt en kook 6-7 minute. Dreineer en bedek met koue water tot die eiers hanteer kan word. Dop af en sny elkeen in die helfte.

2. Stoom die aspersies sowat 5 minute. Dreineer en druk sagkens droog.

3. Meng die mayonnaise en suurlemoensap.

4. Verdeel die aspersies in vier porsies. Plaas elke porsie op ’n sny brood. Plaas die eier bo-op en skep van die mayonnaise oor. Rond af met parmesaan.

Wenk

Die ciabatta se korsie kan ’n bietjie hard wees vir ’n peuter. Sny dit gerus af.

Foto: Noëleen Foster

Ook in hierde uitgawe: