Beet kruip hier weg: sjokolade-beetkolwyntjies

akkreditasie
Jou kind sal nie eens weet sy kry groente in wanneer sy aan hierdie muffins smul nie.

Lewer 12 kolwyntjies.

Bestanddele 

  • 60 ml (¼ k) kakaopoeier
  • 185 ml (¾ k) koekmeel
  • 4 ml (ruim ¾ t) bakpoeier
  • knippie sout
  • 185 ml (¾ k) strooisuiker
  • 140 ml kanola-olie
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 2 groot eiers, geklits
  • 125 ml (½ k) gaar beet, fyn gemaak
  • 30 ml (2 e) okker- of pekanneute, fyn gekap
  • versiersuiker vir oorsif

Gaan so te werk 

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas papier-kolwyntjiekoppies in ’n kolwyntjiepan met 12 holtes.
2. Sif die kakao, meel, bakpoeier en sout saam. Meng die suiker by.
3. Klits die eiers en roer die res van die bestanddele by en meng deeglik.
4. Skep die beslag in die koppies en bak 15-20 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
5. Laat die kolwyntjies op ’n afkoelrakkie afkoel. Knip ’n stensilpatroon uit, plaas dit op elke kolwyntjie en sif versiersuiker oor.

Wenk:

Kolwyntjies vries baie goed en ontdooi vinnig. Bak in grootmaat en vries; dan het jy sommer 'm vinnige versnapering byderhand.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees