book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Heerlike babahappies!

akkreditasie

As jy beplan om self vir jou baba kos te maak, is die beste toebehore wat jy kan aanskaf ’n stoombak vir jou mikrogolfoond en ’n voedselversapper of handverwerker. Sorg dat al jou potte, panne en eetgerei silwerskoon is, maar jy hoef nie alles te steriliseer wanneer jy jou eie babakos berei nie. Die tekstuur van jou baba se eerste vaste kos behoort baie glad en sag te wees sonder dat daar klonte of stukkies tussenin is.

Inge van Niekerk, ’n dieetkundige van Klerksdorp, raai ouers aan om tussen week een en twee by ’n verskeidenheid groente en vrugte te hou. Groente en vrugte wat jy in die eerste week kan bekendstel sluit in botterskorsie, patat, lemoenpampoen, wortels, aartappels, murgpampoentjies, spinasie, beet, appels, pere, perskes, pruime, avokado, piesang en mango. Kook die groente tot dit sag is en plaas dit daarna in ’n voedselverwerker.

Begin aanvanklik met een groentesoort. Ná ’n paar weke, wanneer jou baba aan vaste kos gewoond is, kan jy dit kombineer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees