Veelsydige vleissous
Veelsydige vleissous

Vries dit vir later

Veelsydige vleissous

Jy het nodig

  • 3 eetlepels olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 2 wortels, gerasper
  • 2 selderystingels, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 2 blikke gekapte tamaties
  • 1 sakkie tamatiepasta
  • 1 hand vol vars Italiaanse kruie soos basilie, pietersielie en origanum, fyngekap
  • sout en peper na smaak vir die grootmense

Gaan so te werk

1. Giet die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die uie goudbruin. Voeg die wortel, seldery en knoffel by. Braai nog ’n paar minute. Verwyder al die groente uit die kastrol en hou eenkant.

2. Braai die maalvleis in dieselfde kastrol tot bruin. Skep die groente terug in die kastrol, voeg die geblikte tamaties en tamatiepasta by, meng goed en laat sowat ’n halfuur prut.

3. Voeg die vars kruie by en roer deur. Laat heeltemal afkoel en vries dan vir tot drie maande in porsiegroottes wat jou pas.


Maalvleis-macaroni
Maalvleis-macaroni

Laat die kleinspan smul

Maalvleis-macaroni

Jy het nodig

  • 2 koppies macaroni of penne-pasta
  • 2 koppies vleissous (resep links)
  • 1 koppie witsous (2 eetlepels botter, 2 eetlepels koekmeel, knippie sout en witpeper, ½ teelepel mosterdpoeier, 300 ml volroommelk)
  • ½ koppie gerasperde parmesaankaas
  • ½ koppie gerasperde cheddarkaas

Gaan so te werk

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Maak die pasta gaar volgens die aan- wysings op die pak. Dreineer en meng met die vleissous. Skep alles in ’n oondvaste bak.

3. Om die witsous te maak: Smelt die botter in ’n klein kastrol. Verwyder van die hitte en voeg die koekmeelblom, sout, witpeper en mosterdpoeier by. Meng goed. Klits die volroommelk met ’n bolklitser by.

4. Plaas terug op die plaat en roer aanhoudend tot die sous verdik. Giet oor die pasta-en-vleismengsel. Sprinkel die kaas oor en bak 20 minute tot goudbruin bo-op.

5. Jy kan dit met ’n vurk verder fyndruk voor jy dit vir jou kind gee.


Kaserige spek-en- maalvleisbrood
Kaserige spek-en- maalvleisbrood

Maak dit vanaand

Kaserige spek-en- maalvleisbrood

Jy het nodig

  • 500g maer beesmaalvleis
  • 4 repe spek, gekap
  • ½ koppie tamatiesous
  • 2 eetlepels matige mosterd
  • 3 eetlepels hawersemels
  • 1 eier, liggies geklits
  • sout en peper na smaak vir die grootmense
  • 2 eetlepels ekstra tamatiesous
  • ½ koppie gerasperde cheddarkaas
  • ½ koppie gerasperde mozzarellakaas

Gaan so te werk

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Plaas die maalvleis, spek, ½ koppie tamatiesous, mosterd, hawersemels en eier in ’n bak en meng goed.

3. Verdeel in vier. Voeg sout en peper by die vleis wat die grootmense gaan eet. Laat die kinderporsies vry van sout en peper.

4. Druk die vleismengsels in vier holtes van ’n eenkoppie-grootte muffinpan wat liggies gesmeer is. Smeer die ekstra tamatiesous bo-oor.

5. Bak 25 minute en verwyder die muffinpan uit die oond. Keer die vleisbrode uit en plaas op ’n bakplaat.

6. Sprinkel die kase oor elkeen en bak nog 10 minute.

7. Sit voor met slaai en nog tamatiesous of blatjang.