Hoenderpastei

Bestanddele

  • 4 preie, gekap
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) botter
  • 30 ml (2 e) koekmeel
  • 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
  • 125 ml (½ k) room
  • 3 eiers
  • 160 ml (2/3 k) gaar oorskiethoender
  • 250 ml (1 k) gaar groente van jou keuse
  • 30 ml (2 e) gekapte pietersielie
  • 1 vel skilferkorsdeeg
  • sout en peper na smaak

Gaan so te werk

1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

2. Braai die preie in die olyfolie oor matige hitte tot sag. Hou eenkant.

3. Smelt die botter in dieselfde pan en voeg die meel by. Klits die hoenderaftreksel met ’n draadklitser by. Hou aan klits tot ’n gladde sous vorm. Verwyder van die hitte.

4. Klits die room en eiers saam. Vou die hoenderaftrekselsous daarby in, maar hou sowat 50 ml sous eenkant.

5. Voeg die preie, hoenderstukkies, groente en pietersielie by die roomsous. Geur met die sout en peper en skep in ’n oondvaste bak. Bedek met die skilferkorsdeeg. Sny die rande van die deeg af en pak ’n patroon daarmee bo-op die pastei. Verf met die eiermengsel wat jy eenkant gehou het.

6. Bak 20 minute. Verminder die hitte tot 180 °C en bak nog 30 minute.


Tuisgemaakte pizza

Bestanddele

Deeg

  • 375 ml (1½ k) volgraanmeel
  • 1 pakkie kitsgis
  • 2,5 ml (½ t) suiker
  • 1 ml (¼ t) sout
  • olyfolie
  • 125 ml (½ k) louwarm water

Tamatiesous

  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 1 blik (410 g) heel tamaties
  • 5 ml (1 t) suiker

Bolaag

  • 250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
  • 30 ml (2 e) gerasperde parmesaankaas
  • ’n hand vol olywe, ontpit
  • 45 ml (3 e) verpulpte gaar spinasie

Gaan so te werk

1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

2. Deeg Meng die meel, gis, suiker en sout in ’n voedselverwerker. Voeg die olie by en pols tot gemeng. Voeg net genoeg louwarm water by om ’n bol deeg te vorm. Plaas in ’n geoliede bak, bedek met plastiek en laat 30 minute rys.

3. Tamatiesous Braai die uie en knoffel in die olyfolie tot sag. Voeg die tamaties met hul sap en die suiker by. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte. Laat prut sowat 10 minute of tot die sous verdik.

4. Knie die deeg af en verdeel in 4 balle. Rol elke bal uit in ’n pizzavorm van sowat 1 cm dik. Smeer die tamatiesous oor elke pizza.

5. Bolaag Sprinkel die mozzarella- en parmesaankaas eweredig oor elke pizza. Rond af met die olywe en klein spinasie-skeppies. Bak 15-20 minute tot die kaas borrel.


Romerige visgebak

Bestanddele

  • 250 ml (1 k) gaar pasta
  • 600 g stokvisfilette
  • sout en peper na smaak
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie
  • 1 pakkie songedroogde tamaties
  • 375 ml (1½ k) suurroom
  • 250 ml (1 k) broodkrummels
  • 125 ml (½ k) gerasperde mozzarellakaas
  • 30 ml (2 e) botter

Gaan so te werk

1. Verhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak van 20 x 30 cm met botter.

2. Skep die pasta in die bak en pak die vis bo-op. Geur met die sout en peper. Sprinkel die suurlemoenskil en pietersielie oor.

3. Sny die tamaties in happiegroottes en pak bo-op.

4. Giet die suurroom oor.

5. Meng die broodkrummels en kaas en sprinkel bo-oor.

6. Stip met die botter en bak 30 minute tot goudbruin.


Hawermout-en-rosyntjie-koekies

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) hawermout
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 125 ml (½ k) hawersemels
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • 250 ml (1 k) botter
  • 250 ml (1 k) ligbruin suiker
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
  • 375 ml (1½ k) pitlose rosyntjies

Gaan so te werk

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2. Meng die hawermout, meel, hawersemels, bakpoeier en kaneel in ’n groot bak.

3. Verroom die botter en suiker sowat 5 minute met ’n elektriese klitser. Verminder die spoed tot laag en voeg die hawermengsel by. Roer tot net gemeng. Roer die rosyntjies deur.

4. Skep lepels vol van die mengsel in balletjies sowat 2 cm uitmekaar op die bakplaat. Druk effens plat.

5. Bak sowat 15 minute tot goudbruin en net gestol. Verwyder uit die oond en laat 5 minute op die bakplaat afkoel. Lig met ’n eierspaan en pak op ’n afkoelrak.