Hierdie resepte kom uit Klein Kook & Geniet, wat pas weer uitgegee is. Ja, dis die kleinsus van die geliefde Suid-Afrikaanse Kook & Geniet deur S.J.A. de Villiers en haar dogter Eunice van der Berg.
As ma kan jy die boek gebruik om jou kinders by kosmaak betrokke te kry. Dis propvol staatmakerresepte en sluit als in van ou gunstelinge soos hamburgers, tjips en pizza tot ’n verskeidenheid soetgoed. Elke resep word stap vir stap met kleurfoto’s verduidelik.
Die boek sal jou help om jou kind te lei om 'n resep te volg, om te meet, wat kookterme beteken en hoe om kombuisgereedskap te gebruik. R280, Human & Rousseau (druknaam van NB-Uitgewers).