Pasta & pesto

Pasta & pesto

Bestanddele

  • 1 groot bos basiliekruidblare
  • ½ knoffelhuisie, gerasper
  • 150 ml olyfolie
  • 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas
  • sout en peper na smaak
  • gerasperde suurlemoenskil
  • ekstra olyfolie
  • pasta van jou keuse – kies ’n soort wat jou baba sommer met die vuis kan eet
  • ekstra parmesaankaas vir oorstrooi

Metode

1. Pesto: Plaas al die bestanddele behalwe die ekstra olie, pasta en ekstra kaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Giet in ’n botteltjie en bedek met ’n lagie ekstra olyfolie om dit te seël. Bêre in die yskas. Jy kan dit ook tot drie maande lank in ysblokkiehouers vries.

2. Pasta: Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en roer genoeg pesto deur om die pasta liggies te bedek. Rasper die ekstra parmesaankaas oor en sit voor.

As jou baba al vingerkos bemeester het, kan hy gerus saam aan dié gereg smul.
Ertjie-soufflé

Ertjie-soufflé

Bestanddele

  • 225 g bevrore ertjies
  • 4 eiers, geskei
  • 55 g botter
  • 45 g meel
  • 310 ml (1¼ k) melk
  • 45 g cheddarkaas
  • sout en peper na smaak

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n soufflé-bak van 1 liter of 4 klein soufflé-bakkies met botter.

2. Blansjeer die ertjies sowat 3 minute in kookwater. Doop die ertjies dan onmiddellik in koue water om die heldergroen kleur te behou. Verwerk die ertjies in ’n voedselverwerker tot glad. Meng die eiergele by en hou eenkant.

3. Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Verwyder van die hitte en voeg die melk by. Klits met ’n bolklitser om seker te maak dat daar geen klonte is nie. Plaas terug op die hitte en roer aanhoudend tot die sous begin verdik. Verwyder van die hitte en roer die kaas en ertjiepuree by. Geur met sout en peper.

4. Klits die eierwitte in ’n aparte bak tot stywe pieke vorm. Vou die eierwitte liggies by die ertjiemengsel in. Skep in die liter-bak of aparte soufflé-bakkies en bak 20 minute tot dit gerys het en bo-op begin verbruin. Sit dadelik voor.

Sampioen-moesaka

Sampioen-moesaka

Bestanddele

  • 2 eiervrugte, in die lengte in skywe gesny
  • 2 aartappels, in dun skyfies gesny
  • sout en peper na smaak
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie
  • 500 g bruinsampioene, in skyfies gesny
  • 1 blik botterbone
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 2,5 ml (½ t) suiker
  • 30 ml (2 e) botter
  • 80 ml (¹/³ k) meel
  • 500 ml (2 k) melk
  • 80 ml (¹/³ k) Griekse jogurt
  • 1 eier, liggies geklits
  • 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

Metode

1. Voorverhit die oond tot 220 ºC. Voer ’n groot bakpan uit met foelie en smeer met olyfolie.

2. Pak die eiervrug- en aartappelskywe in ’n enkellaag in die bak. Besprinkel met sout en peper en bak 20 minute.

3. Verhit intussen ’n bietjie olyfolie in ’n groot braaipan en braai die ui oor matige hitte tot goudbruin. Voeg die knoffel by en braai nog ’n minuut. Verhoog die hitte en voeg die sampioene by. Braai tot sag en voeg dan die bone en tamaties by. Verlaag die hitte en laat 10 minute prut. Roer die suiker deur.

4. Smelt die botter oor lae hitte in ’n groot kastrol. Voeg die meel by en roer 1 minuut. Verwyder van die hitte en roer die melk by. Klits met ’n bolklitser om seker te maak daar is nie klonte nie. Plaas terug op die plaat en roer aanhoudend tot die sous kook en verdik. Verlaat die hitte en laat 2 minute prut. Laat effens afkoel en roer die jogurt, eier en kaas by.

5. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 ºC. Smeer ’n vlak oondvaste bak of vier klein oondbakkies met botter. Skep ’n laag sampioen-en-bone mengsel in, gevolg deur ’n laag eiervrug, ’n laag aartappel en laastens ’n laag sous. Bak 30 tot 35 minute tot dit bo-op verbruin.

Quinoa & groente

Quinoa & groente

Bestanddele

  • 60 ml (¼ k) quinoa
  • 250 ml (1 k) groenteaftreksel
  • 10 ml (2 t) olyfolie
  • ½ ui, fyngekap
  • knippie gemmer
  • knippie komyn
  • knippie kaneel
  • 4 gedroogde appelkose, gekap
  • 2 murgpampoentjies, gewas en gekap
  • 60 ml (¼ k) broccoli, gewas en in stukkies gesny
  • 1 wortel, gewas, geskil en gekap
  • ½ blikkie gekapte tamatie

Metode

1. Kook die quinoa in die groenteaftreksel. Bring tot kookpunt en laat dan 15 minute prut of tot die aftreksel geabsorbeer is en die quinoa sag en los is.

2. Verhit intussen die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui tot goudbruin. Voeg die gemmer, komyn, kaneel en appelkose by en roer 1 minuut.

3. Voeg die broccoli, wortel en tamatie by, giet 100 ml water by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek en laat 15 minute prut.

4. Verwyder van die hitte en druk met ’n vurk sag. Sit die groente op die quinoa voor.

Rooi rys

Rooi rys

Bestanddele

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 1 prei, gewas en in skyfies gesny
  • 250 ml (1 k) risottorys
  • 1 liter (4 k) groenteaftreksel
  • 4 ryp tamaties, geskil en gekap
  • 15 ml (1 e) tamatiepasta
  • sout en peper na smaak
  • 30 ml (2 e) mascarponekaas

Metode

1. Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die prei oor matige hitte. Voeg die rys by en roer deur tot al die korrels met olie bedek is.

2. Voeg sowat 125 ml (½ k) kokende aftreksel op ’n slag by en roer tot dit geabsorbeer is. Hou so aan tot al die vloeistof bygevoeg is. Dit sal sowat 20 minute duur.

3. Voeg die gekapte tamaties by en roer nog sowat 5 minute. Geur met sout en peper en roer die mascarponekaas by om die tekstuur romerig te maak.

Hummus vir handjies

Hummus vir handjies

Bestanddele

  • 2 blikkies kekerertjies, afgespoel en gedreineer
  • 30-60 ml (2-4 e) tahini
  • 2 knoffelhuisies
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • groentestokkies vir voorsit

Metode

1. Plaas al die bestanddele behalwe die groentestokkies in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n gladde puree.

2. Sit voor saam met die groentestokkies.