Kinderpret: Maak self klei

akkreditasie

Ongekookte klei

Jy het nodig:

  • 250ml (1 koppie) meel
  • 60ml sout
  • 15ml (1eetlepel) kookolie
  • paar druppels voedselkleursel
  • 125ml water

Maak so:

  • Meng die meel en sout saam.
  • Voeg die olie by
  • Voeg die voedselkleur by die water 
  • Voeg die water bietjie vir bietjie by die meelmengsel
  • Knie die mengsel tot glad

Gegeurde klei

Jy het nodig:

  • 250ml (1 koppie) meel
  • 60ml sout
  • 1 klein pakkie (25g) aanmaakkoeldrankpoeier
  • 160ml water
  • 15ml olie

Maak so:

  • Meng die meel, sout en koeldrankpoeier
  • Kook die water en klits olie by
  • Giet die water-en-olie-mengsel bietjie vir bietjie by die droë bestanddele en meng tot jy die verlangde tekstuur vir 'n dik klei het.

Rekkerige klei

Jy het nodig:

  • 250ml (1 koppie) haaropknapper
  • 500ml (2 koppies) mielieblom

Maak so:

  • Meng die bestanddele saam om 'n glibberige, rekkerige klei te vorm 

Wenke:

  • Nog variasies: Voeg druppels gegeurde olie, fyn blinkertjies of druppels voedselkleursel by.
  • Verfris klei wat uitgedroog het met 'n paar druppels water.
  • Bêre die klei deur dit styf met kleefplastiek toe te draai en in 'n houertjie te plaas. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees