Sjokoladekoek in 'n bierboks

Genoeg vir 35-40 kinders

Bestandele:

  • 2 k (500 ml) water
  • 150 ml kanola-olie
  • 150 ml kakao
  • 6 reuse-eiers (jumbo)
  • 3 k (750 ml) strooisuiker
  • 2 t (10 ml) vanielje-ekstrak
  • 2,5 k (625 ml) meel
  • 6 e (30 ml) bakpoeier
  • 1 t (5 ml) sout
  • swaar tinfoelie
  • kossproei
  • ’n plat bierboks

Gaan so te werk:

  • Voorverhit die oond tot 180 ° C. Voer die bierboks deeglik met die foelie uit en spuit met kossproei.
  • Verhit die water, olie en kakao in ’n kastrol. Laat afkoel.
  • Klits die eiers, suiker en vanielje saam tot dik en lig.
  • Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dit by die eiermengsel in.
  • Voeg die afgekoelde vloeistof by en vou dit ook in.
  • Giet die beslag in die uitgevoerde bierboks en bak 30- 35 minute tot gaar.
  • Laat deeglik op ’n draadrak afkoel, sny die hoeke van die boks oop en glip die koek uit.

Versiersel:

  • 1 gehoopte teelepel (7 ml) kitskoffie
  • 3 e (45 ml) kookwater
  • 250 g versiersuiker, gesif
  • 75 g botter
  • 3 e (45 ml) kakao

Gaan so te werk:

  • Voeg die koffie by die kookwater.
  • Meng die versiersuiker, botter en kakao saam.
  • Voeg die koffie by en meng goed tot glad.
  • Versier die koek daarmee.

Sjokoladekoek in 'n beker

Genoeg vir ma en kind

Bestanddele:

  • 4 e (60 ml) koekmeel
  • 4 e (60 ml) suiker
  • 2 e (30 ml) kakao
  • 1 eier
  • 3 e (45 ml) melk
  • 3 e (45 ml) olie
  • druppeltjie vanielje-ekstrak

Gaan só te werk:

  • Plaas die droë bestanddele in ’n groot koffiebeker en meng goed.
  • Voeg die eier by en meng goed met ’n vurk.
  • Voeg die melk, olie en vanielje by en meng weer deeglik tot die beslag glad is.
  • Plaas die beker met die beslag in die mikrogolfoond. Bak 2,5 minute teen hoog.
  • Die koek sal vinnig rys. In ’n swakker mikrogolfoond sal jy dalk 3 minute nodig hê.