(Hierdie resep was eerste gepubliseer in Baba en Kleuter, Mei 2016, bladsy 77) 

Lewer 4-6 porsies 

JY HET NODIG

VLEIS 

• 100 g ongesoute botter
• 100 g beesmaalvleis
• ½ ui, gekap
• 1 wortel, geskil en gerasper
• 1-2 sampioene, fyngekap
• 1 tamatie, geskil en gekap
• 1 knoffelhuisie, fyngemaak
• 2 t (10 ml) tamatiepuree

BOLAAG

• ½ blomkool, in stukke gebreek
• 1 klein witwortel, geskil en gekap
• 50 g ongesoute botter
• 1 t (5 ml) gekapte pietersielie
• 100 g gerasperde kaas

MAAK SO

1. Vleis Verhit die botter in ’n kastrol en braai die vleis tot dit verbruin. Voeg die ui, wortel, sampioene, tamatie, knoffel en tamatiepuree by, roer deur en laat op lae hutte prut tot die groente gaar is. Voeg ’n bietjie botter by as die mengsel te droog word.

2. Voorverhit die oond tot 180 °C.

3. Bolaag Kook die blomkool en witwortel in water tot sag. Dreineer en voeg die botter en pietersielie by. Maak fyn en meng met die gerasperde kaas.

4. Versprei die maalvleismengsel egalig oor die boom van ’n vuurvaste bak. Versprei die bolaagmengsel booor en bak 20-30 minute tot gaar.

5. Sit die gereg voor met gekookte broccoli. 

Hierdie resep uit: Healthy Food for a Healthy Baby deur Monique le Roux Forslund (Struik Lifestyle)