Vis, aartappel en spinasie

Bereiding 30 minute

Lewer 24 eetlepels

Geskik vanaf 8 maande

MAAK SO

  • Giet 1½ koppies (375 ml) water in ’n klein kastrol. Voeg 1 groot aartappel (geskil en grof gekap) by en laat kook. Verminder die hitte en laat 10 minute sonder deksel prut tot die aartappel sag is.
  • Dreineer oor ’n bak sodat die vloeistof behou word. Hou sowat ¼ koppie (60 ml) vloeistof eenkant en giet die res terug in die kastrol. Voeg 100 g ferm witvisfilette by, asook 30 g dwergspinasieblare. Laat 5 minute sonder deksel kook tot die vis gaar is. Dreineer en laat afkoel.
  • Druk die aartappel oor ’n klein bak deur ’n sif. Verwerk die vis en spinasie saam tot glad. Roer die vismengsel en die ekstra aartappelwater by die aartappel.
  • Gee jou kind een porsie en vries die res. wenke Die puree hou ’n dag in die yskas en ’n maand in die vrieskas mits dit bedek word. Moenie die aartappel met jou voedselverwerker of stokmenger fynmaak nie; dit sal gommerig word.

Vis, aartappel en spinasie

Hoender, pasta en mieliepitte

Bereiding 25 minute

Lewer 12 eetlepels

Geskik vanaf 8 maande

MAAK SO

  • Giet 1¼ koppies (310 ml) water in ’n klein kastrol. Voeg 100 g hoenderfiletblokkies, 1 koppie (250 ml) vars of bevrore mieliepitte en 1 eetlepel (15 ml) ryspasta (of enige ander fyn pastavorm) by en laat kook.
  • Verminder die hitte en laat prut sowat 10 minute sonder deksel of tot die pasta sag en die hoender gaar is.
  • Laat effens afkoel en verwerk in die voedselverwerker of met ’n stokmenger tot glad. Druk deur ’n sif as jou baba nog nie die mielie-growwigheid kan hanteer nie.
  • Gee jou kind ’n porsie en vries die res. wenke Die kos kan ’n dag in die yskas hou mits dit bedek is. Skep porsies van ’n eetlepel elk in ysblokkiehouers, bedek en vries. Dit kan tot ’n maand in die vrieskas hou.

Hoender, pasta en mieliepitte

Beesvleis, wortel & patat

Bereiding 30 minute 

Lewer 24 eetlepels

Geskik vanaf 8 maande

MAAK SO

  • Giet 1½ koppies (375 ml) water in ’n klein kastrol. Voeg 150 g beesvleisblokkies, ½ klein afgeskilde patat (in blokkies gesny) en 1 groot wortel (geskil en in blokkies gesny) by. Laat opkook.
  • Verlaag die hitte en laat sowat 20 minute prut tot die groente sag en die beesvleis gaar is.
  • Laat effens afkoel en verwerk tot glad.
  • Gee vir jou baba ’n porsie om dadelik te eet en vries die res. wenke Die kos kan ’n dag in die yskas hou mits dit bedek is. Skep porsies van ’n eetlepel elk in ysblokkiehouers, bedek en vries. Dit kan tot ’n maand in die vrieskas hou.

Beesvleis, wortel & patat

Geroosterde pampoen en hoender

Bereiding 25 minute

Lewer 12 eetlepels

Geskik vanaf 6 maande

MAAK SO

  • Voorverhit die oond tot 200 °C. 
  • Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Pak 400 g pampoenblokkies op die plaat en rooster 20 minute tot sag. Laat afkoel.
  • Giet intussen 2½ koppies (625 ml) water in ’n klein kastrol. Voeg 200 g hoenderfiletblokkies by en laat opkook. Verlaag die hitte en laat 5 minute prut tot die hoender heeltemal gaar is. Skep enige skuim af wat bo-op gevorm het. Hou 1 koppie (250 ml) van die kookvloeistof eenkant. Laat effens afkoel.
  • Verwerk die gaar pampoen, hoender en sowat ½ koppie (125 ml) van die kookvloeistof tot ’n gladde puree. Voeg nog vloeistof by indien nodig.
  • Gee jou kind ’n porsie om te eet en vries die res. wenke Die kos kan ’n dag in die yskas hou mits dit bedek is. Skep porsies van ’n eetlepel elk in ysblokkiehouers, bedek en vries. Dit kan tot ’n maand in die vrieskas hou.

Geroosterde pampoen en hoender

Gestoomde witvis en patat

Bereiding 15 minute

Lewer 15 eetlepels

Geskik vanaf 8 maande

MAAK SO

  • Plaas 150 g ferm witvisfilette (sonder vel en grate) en 1 klein patat (geskil en in blokkies gesny) in die stomer. Stoom sowat 8 minute tot die vis gaar is. Verwyder die vis en hou eenkant. Stoom die patat nog sowat 4 minute tot gaar. Laat effens afkoel.
  • Verwerk die vis en patat saam. Voeg afgekoelde kookwater by om die puree te verdun indien nodig.
  • Sit ’n porsie dadelik voor en vries die res. wenke Die kos kan ’n dag in die yskas hou mits dit bedek is. Skep porsies van ’n eetlepel elk in ysblokkiehouers, bedek en vries. Dit kan tot ’n maand in die vrieskas hou.

Gestoomde witvis en patat

Hoender, ertjies en ui

Bereiding 15 minute

Lewer 8 eetlepels

Geskik vanaf 8 maande

MAAK SO

  • Giet 2 koppies (500 ml) water in ’n klein kastrol. Voeg 100 g hoenderfiletblokkies en ¼ klein rooi-ui (fyngekap) by.
  • Laat opkook. Verlaag die hitte en laat sowat 5 minute prut tot die hoender gaar is.
  • Verwyder die hoender uit die water en skep enige skuim van die water af. Hou ¼ van die kookvloeistof eenkant.
  • Voeg 1 koppie (250 ml) bevrore ertjies by die ui in die kastrol en laat prut tot sag.
  • Dreineer die groente. Verwerk die hoender, ertjies en ui tot glad saam met die kookvloeistof wat jy eenkant gehou het. Laat afkoel.
  • Gee jou baba ’n porsie en vries die res. wenke Die kos kan ’n dag in die yskas hou mits dit bedek is. Skep die puree in porsies van ’n eetlepel elk in ysblokkiehouers en vries. Dit hou tot ’n maand in die vrieskas. 

Hoender, ertjies en ui