Puree gee krag: Bessiepuree

akkreditasie
Bessies is propvoel voedingstowwe. Gekombineer met spinasie kry jou baba se voeding 'n groot hupstoot.

Bestanddele

  • 1 1/2 k babaspinasieblare
  • ¾ k bloubessies
  • 1 e water

Gaan só te werk

1. Was die spinasieblare goed en verwyder stokkerige stingels.
2. Spoel die bloubessies af.
3. Sit al die bestanddele saam in jou voedselverwerker en verwerk tot so glad as moontlik.
4. Gee dadelik vir jou baba ’n porsie en vries die res.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees