Visballetjies en doopsous
Visballetjies en doopsous

Visballetjies vir die doopslag

Bestanddele doopsous

  • 1 k (250 ml) natuurlike volroomjogurt
  • 1 hand vol gekapte vars kruie (bv. dille, pietersielie en grasuie)
  • sap van ½ suurlemoen
  • sout en peper na smaak tamatierys
  • 2 e (30 ml) botter
  • ½ ui, gekap
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • sout en peper na smaak
  • 1½ k (375 ml) rou rys visballetjies
  • 500 g filette van enige ferm, wit vis
  • goeie olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • 500 g wit knopiesampioene
  • 1 groot wortel, geskil en gerasper
  • 1 k (250ml) gaar quinoa
  • 2 groot eiers, liggies geklits
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • ½ k (125 ml) meel
  • ½ k (125 ml) sprietuie, fyn gesny

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. Doopsous: Meng al die bestanddele saam en verkoel.

2. Tamatierys: Maak die rys gaar volgens die aanwysings op die pak.

3. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag.

4. Voeg die tamaties by en geur met die sout en peper. Laat prut tot die sous verdik.

5. Roer die sous deur die gaar rys.

6. Plaas die deksel op sodat dit warm bly en hou eenkant tot etenstyd.

7. Visballetjies: Plaas die visfilette op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Smeer liggies met olyfolie en geur met sout en peper.

8. Bak sowat 15 tot 20 minute in die verhitte oond tot gaar.

9. Laat effens afkoel en verwyder die vel en grate. Vlok in ’n groot bak en laat heeltemal afkoel.

10. Pols die sampioene in ’n voedselverwerker tot heeltemal fyn. Braai in die olyfolie in ’n groot kastrol tot gaar en tot die vog weggekook het. Laat afkoel.

11. Meng die sampioene, gevlokte vis en ander visballetjie-bestanddele goed en geur met sout en peper.

12. Rol in balletjies so groot soos ’n gholfbal. Daar is genoeg vir min of meer 24.

13. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak 25 minute.

14. Sit die visballetjies voor op die tamatierys en met ’n bakkie jogurtsous.


Groente spaghetti
Groente spaghetti

Vol verdoeselde groente

Bestanddele

  • 350g spaghetti
  • 500 g portabellini-sampioene
  • olyfolie
  • 1 ui, fyngesny
  • 2 selderystingels, fyngesny
  • 1 groot wortel, fyngerasper
  • 1 groot murgpampoentjie, fyngerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 t (5 ml) droë origanum
  • 2 e (30 ml) tamatiepuree
  • 2 blikke (410 g elk) fyngekapte tamaties
  • 1 k (250 ml) groenteaftreksel
  • sout en peper na smaak
  • parmesaankaas
  • vars pietersielie

Metode

1. Maak die spaghetti gaar volgens die aanwysings op die pak.

2. Pols intussen die sampioene heeltemal fyn in die voedselverwerker. Giet die olie in ’n groot kastrol en braai die sampioene tot gaar en tot die vog verdamp het. Verwyder van die hitte en hou eenkant.

3. Braai die ui in dieselfde kastrol tot sag.

4. Voeg die seldery, wortel, murgpampoentjie, knoffel en origanum by en braai tot sag. Roer deurlopend.

5. Voeg die tamatiepuree by en roerbraai nog 2-3 minute.

6. Voeg die bliktamaties en aftreksel by en laat sowat 30 minute prut tot die sous verdik.

7. Geur met sout en peper.

8. Skep die pasta in bakkies, skep die sampioenmengsel bo-op, sprinkel die kaas oor en versier met die pietersielie.


Hoenderburgers
Hoenderburgers

Dis burger-aand!

Bestanddele

  • 500 g wit knopiesampioene
  • olyfolie vir braai
  • 500 g hoendermaalvleis
  • ½ ui, gerasper
  • ½ k (125 ml) broodkrummels
  • 1 ekstragroot eier, liggies geklits
  • 1½ t (7,5 ml) sout
  • ½ t (2,5 ml) varsgemaalde swartpeper
  • 6 burgerrolletjies, liggies gerooster
  • snye tamatie
  • kropslaai
  • kaas van jou keuse
  • mayonnaise
  • tamatiesous

Metode

1. Pols die sampioene in ’n voedselverwerker fyn. Giet die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die sampioene sowat 12 minute tot gaar en tot die vog verdwyn het. Laat eenkant afkoel.

2. Meng die hoender, ui, krummels, eier, sout en peper in ’n groot bak. Voeg die sampioene by. Vorm 6 burgers.

3. Maak gaar in ’n baie warm pan tot deurgaar en goed bruin aan albei kante.

4. Bou jou burger met die rolletjies en ander bestanddele en sit onmiddellik voor.


Vleisbrood
Vleisbrood

Vleisbrood met pienksous

Genoeg vir 1 standaard-broodpan

Bestanddele

Pienksous

  • 4 e (60 ml) mayonnaise
  • 4 e (60 ml) tamatiesous
  • vars suurlemoensap na smaak

Vleisbrood

  • 400 g wit knopiesampioene
  • olyfolie
  • 2 baba-uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en peper na smaak
  • 1 k (250 ml) broodkrummels
  • 1 ekstragroot eier, liggies geklits
  • ½ k (125 ml) gerasperde parmesaankaas
  • 1 groot murgpampoentjie, gerasper
  • gaar mieliepitte van 1 mieliestronk
  • ¼ k (60 ml) pietersielie, fyngekap
  • fyngerasperde suurlemoenskil van 1 suurlemoen
  • 1 e (15 ml) suurlemoensap
  • ¼ k (60 ml) sprietuie, fyngesny
  • 2 t (10 ml) droë origanum
  • 400 g hoendermaalvleis

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n broodpan van 20cm x 10cm broodpan met kossproei.

1. Pienksous: Meng die bestanddele en hou in die yskas tot etenstyd.

2. Vleisbrood: Pols die sampioene in die voedselverwerker tot fyn. Giet die olie in ’n groot pan en braai die sampioene tot gaar en tot die vog verdamp het. Hou eenkant.

3. Braai die uie in dieselfde pan in olyfolie tot sag. Voeg die knoffel by, geur met sout en peper en hou eenkant.

4. Meng die afgekoelde sampioene, gebraaide uie en die res van die vleisbroodbestanddele behalwe die hoender goed. Voeg die hoender by en geur met sout en peper. Meng weer.

5. Skep die mengsel in die broodpan en bak 30 minute tot gaar en goudbruin bo-op.

6. Verwyder uit die oond en dop uit die pan. Plaas terug in die oond op ’n bakplaat en bak nog 10 minute tot die kante ook verbruin.

7. Sny in dik skywe en sit voor met die pienksous en ’n slaai.

Sampioene voer jou ver Die umami-smaak van sampioene beteken dat jy dit by enige vleis, selfs vis, kan voeg en die smake kombineer so goed dat die meeste mense nie eens weet dat jy dit ingesluit het nie. Die voedingswaarde van die gereg kry ’n lekker hupstoot, maar die kilojoules, vet en versadigde vet per porsie is kleiner sonder dat smaak ingeboet word. Dis regtig ’n wen-wen-plan! Baie dankie aan The South African Mushroom Farmers' Association vir die gebruik van hierdie resepte, wat almal in kinders se smaak sal val.