Lekkerste roereier
Lekkerste roereier

Lekkerste roereier

Bestanddele

  • 4 eiers
  • 30 ml (2 e) water
  • 30 ml (2 e) botter of olie
  • sout en peper na smaak
  • roosterbrood vir voorsit

Metode

1. Klits die eiers en water met ’n ballonklitser in ’n middelslagbak.

2. Maak die botter of olie in ’n pan oor lae hitte warm. Giet die eiermengsel in en laat ’n paar minute stadig gaar word voor jy dit liggies roer. Lig die gaar eier van onder af op en laat die rou eier onderin vloei. 

3. Moenie die eiers te lank gaarmaak nie, anders word dit rubberagtig.

4. Sit voor saam met die roosterbrood.

VYF WENKE VIR PERFEKTE ROEREIERS
  1. Klits die eiers goed sodat die wit en geel deeglik meng en lug bygevoeg word. Dit sorg vir donsige, ligte roereier.
  2. Voeg ’n bietjie water by om die mengsel los te maak.
  3. Maak oor lae hitte gaar. Moenie haastig wees nie. Laat dit stadig gaar word.
  4. Gebruik die regte pan: Dit moet groot genoeg wees, maar nie te groot nie. As die eierlaag te dun is, sal dit te gou gaar word. Gebruik ook ’n kleefvrye pan om te keer dat die eier aan die boom vassit.
  5. Haal dit van die hitte af sodra die eier gaar is. 
Beste spekbroodjie
Beste spekbroodjie

Beste spekbroodjie

Bestanddele

  • 4 repies spek
  • 1 avokado
  • 10 ml (2 t) suurlemoensap
  • seesout en swartpeper na smaak
  • 12 kersietamaties, opgesny
  • 4 snye brood (ons gebruik ciabatta)
  • 2 eiers

Metode

1. Plaas die spek in ’n koue braaipan en verhit oor matige hitte. Draai die spek af en toe om en braai tot bros. Verwyder uit die pan en plaas dit op ’n dubbele laag kombuispapier om te dreineer. Gooi alles behalwe 15 ml (1 e) van die spekvet weg. Plaas die pan eenkant.

2. Maak die avokado en suurlemoensap saam met ’n vurk in ’n bakkie fyn. Geur met die sout en peper.

3. Was die tamaties en rooster die brood.

4. Breek die eiers in ’n klein bakkie en glip hulle versigtig in die pan. Plaas ’n deksel op en stoombraai die eiers oor matige hitte in die spekvet tot die gele ná sowat 3 minute begin stol. 

5. Pak nou jou ontbytbroodjie: Smeer die avokado op ’n sny roosterbrood en pak die spek bo-op, gevolg deur die tamatiestukkies en 1 eier. Geur met nog sout en peper en maak die broodjie toe met nog ’n sny brood. Herhaal met die res van die brood, avo, tamaties en eier.

WENK

Swanger vroue moet van kouevleis af wegbly omdat dit die listeria-kiem kan bevat. Spek is reg, solank dit gaargemaak is. As jy nie van spek hou nie, laat dit eenvoudig uit.

Eier-en-groente-kolwyntjies
Eier-en-groente-kolwyntjies

Eier-en-groente-kolwyntjies

Bestanddele

  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 1 rooi soetrissie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngemaak
  • 6-10 knopiesampioene,in skyfies gesny
  • 500 ml (2 k) grof gekaptebaba­spinasie
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml (1 k) gerasperdecheddarkaas
  • 8 eiers, geklits

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 6 muffinkoppies.

2. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die ui, soetrissie en knoffel tot sag. Voeg die sampioene en spinasie by en braai nog 5 minute tot al die water verdamp het. Verwyder van die hitte en geur met die sout en peper. Laat afkoel.

3. Verdeel mengsel tussen die muffinkoppies en sprinkel die kaas oor.

4. Giet die eier oor die spinasiemengsels. Bak 20-25 minute tot goudbruin.

WENK

Ideaal vir jou kind se kosblik skool toe en jou kosblik werk toe.

Italiaanse eierbakkies
Italiaanse eierbakkies

Italiaanse eierbakkies

Bestanddele

  • 2 varkworsies, vleis uit die velletjie gedruk
  • 125 ml (½ k) fyngekapte babaspinasie
  • 4 tamatieskyfies
  • 60 ml (¼ k) room
  • 7,5 ml (1½ t) tamatiepuree
  • 15 ml (1 e) meel
  • 1 ml (¼ t) gedroogde origanum
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 4 eiers

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 4 ramekins goed met botter of olie.

1. Pak in elke ramekin ’n kwart van die worsvleis, gevolg deur ‘n kwart van die spinasie en ’n skyfie tamatie.

2. Klits die room, tamatiepuree, meel, origanum en sout in ’n klein bakkie saam. Versprei die roomsous eweredig tussen die ramekins.

3. Plaas die bakkies op ’n bakplaat en bak 15 minute. Verwyder uit die oond en verhoog die temperatuur tot 200 °C.

4. Breek ’n eier in elke ramekin en bak nog sowat 10 minute in die oond tot die eiers gaar is. 

WENK

Eiers is vol voedingstowwe soos vitamiene en minerale, insluitend biotien en cholien. Biotien verander wat jy eet in energie, terwyl cholien cholesterol deur jou bloedstroom help beweeg.