Reënboogrolletjies
Bestanddele
- 8 slaaiblare
- 1 wortel, geskil en in klein stokkies gesny
- ½ komkommer, in klein stokkies gesny
- ¼ rooikool, in fyn repies gesny
- 2 sprietuie, in fyn repies
- 1 rooi soetrissie, in fyn repies gesny
- klein bossie koljanderblare
Groondboontjiedoopsous
- ¾ k (180 ml) grondboontjiebotter
- ¼ k (60 ml) sojasous
- ¼ k (60 ml) rysasyn
- ¼ k (60 ml) water
- 2 e (30 ml) heuning
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- 1e (15 ml) heuning
Gaan so te werk
1. Plaas elke slaaiblaar op ’n vel waspapier en pak ’n paar wortelstokkies, komkommerstokkies en sprietui- en soetrissierepies op elkeen. Rond af met ’n paar koljanderblare.
2. Gebruik die waspapier om jou te help om alles styf toe te rol. Bind met ’n stukkie tou vas.
3. Doopsous Meng al die bestanddele saam in ’n bak.
Dit kan taamlik morsig wees om die reënboogrolletjies te eet. Die waspapier help om alles bymekaar te hou. Skil net genoeg papier af sodat n hap kan vat.
Seeslaai
Bestanddele
- 1 kropslaai, gewas en in hapgrootte stukke geskeur
- 1 selderystingel, in fyn repies gesny
- 1 blikkie soliede tuna, gedreineer
- ½ rooi-ui, in fyn repies gesny
- 1 k kersietamaties, gehalveer
- 10 pitlose swartolywe
- 1 hardgekookte eier (opsioneel)
- gestoomde groenbone (opsioneel)
Slaaisous
- ¼ k (60 ml) natuurlike volroomjogurt
- 3 e (45 ml) mayonnaise
- 1 e (15 ml) suurlemoensap
- ½ knoffelhuisie, gekneus
- 1 e (15 ml) gekapte pietersielie
- 1 e (15 ml) gekapte grasuie
- sout en swartpeper na smaak
Gaan so te werk
1. Rangskik al die slaaibestanddele mooi in ’n groot vlak bak.
2. Slaaisous Klits al die bestanddele saam en giet oor die slaai.
Kyk gerus watter oorskietkos in die yskas jy by die slaai kna voeg, soos koue aartappels of geroosterde oorskietgroente.
Chai-&-bessie-flessie
Bestanddele
- ½ k (125 ml) chiasade
- 1 blik (410 g) klappermelk
- 1 e (15 ml) heuning
- 1 k (250 ml) frambose
- 1 t (5 ml) heuning (opsioneel)
- bloubessies, aarbeie en frambose vir garnering
Gaan so te werk
1. Plaas die chiasade in ’n middelslagbak. Giet die klappermelk oor en roer die heuning deur. Bedek en plaas ’n paar uur of oornag in die yskas.
2. Druk die frambose pap. Voeg die heuning by as die frambose te suur is. Skep van die chiamengsel in ’n glasflessie en skep ’n laag framboospuree bo-op. Rond af met ’n paar vars bessies en sit voor.
Sjokoladepotjies
Bestanddele
- ¼ k (60 ml) donkersjokolade, in stukkies gebreek
- 2 ryp avokado’s, fyngedruk
- ¼ k (60 ml) esdoringstroop of heuning
- ¼ k (60 ml) kakaopoeier
- 2 e (30 ml) melk (gebruik gerus amandel- of klappermelk)
- 1 t (5 ml) vanielje-ekstrak
- ¼ t (1 ml) fyn Himalaja-sout
- natuurlike volroomjogurt en vars bessies vir voorsit
Gaan so te werk
1. Plaas die sjokolade in ’n klein bak en plaas dit oor ’n groter bak wat halfvol kookwater is. Roer tot die sjokolade gesmelt het. Laat effens afkoel.
2. Klits die gesmelte sjokolade, fyn avokado, stroop of heuning, kakaopoeier, melk, vanielje en sout saam tot glad en romerig.
3. Skep porsies in glaspotjies en bêre minstens 3 uur in die yskas. Sit voor met ’n skep jogurt en bessies.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET