Voel dit vir jou jou kind het vyf jaar laas groente geëet, al is hy net vier jaar oud? Dan het dit tyd geword om die groente tussen ander kos weg te steek ...
Die resepte hieronder help jou om dit te doen met geregte waarvan kinders hou. Dieetkundiges is nie gek daaroor om groente te verdoesel nie, want hulle meen kinders moet leer om groente net so te geniet. As dit altyd weggesteek is, leer hulle dit nie ken nie en sal hulle dalk later nie gesonde keuses maak nie.
Moet dus nie nét verdoeselde groente voorsit nie. Maak seker jou kinders kry met elke maaltyd steeds herkenbare groentehappies.