Tuisskolers: Vereniging vir Tuisonderwys

http://www.tuisskolers.org/

'n Omvattende webtuiste met inligting oor waar om te begin, die wetlike aspekte, nuus, hulpbronne en skakels na organisasies wat kurrikulums en ondersteuning bied.

Homeschooling Curriculum Guide (Tuisskool Kurrikulum Gids)

http://www.homeschooling-curriculum-guide.com/tuisskool-kurrikulum-gids-indeks.html

'n Tuisskool ma van 3 het hierdie webtuiste, met informasie oor die proses en hulpbronne, begin.

Cum Laude Akademie

Cum Laude Akademie is 'n geregistreerde SACAI Assessering- en Tuisskoolsentrum wat ten volle voldoen aan die Suid-Afrikaanse regering se vereistes om Graad 10-12 privaatleerders voor te berei om die Nasionale Senior Sertifikaat te verwerf. Cum Laude Akademie (CLA) se matrikulante skryf die Nasionale SACAI eksamens wat deur Umalusi geakkrediteer is. Vakkenners en tutors bied ondersteuning in a huislike omgewing. Graad 10 tot 12.

Nukleus Onderwys

http://www.nukleus.co.za/

Nukleus lewer kindervriendelike lesse wat deur ‘n span ervare onderwyskundiges saamgestel is. Dit staan die ervare onderwyser se plek vol en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers, ouers en bystandsentrums. Van graad R tot graad 12.

Impak Onderwys

http://www.impak.co.za/hs/en

Impak bied ouers die nodige produke ten dienste om hul kinders by die huis, of by 'n Impak Education Hub, te skool vanaf graad R tot graad 12. Die kurrikulum is gebaseer om CAPS-riglyne en gereelde assesserings monitor die kind se ontwikkeling. 

Love to Learn Homeschooling Curriculum

http://www.love2learn.co.za/

Love2Learn bied Christelike onderrig van 'n hoë akademiese standaard vanaf graad 00 tot graad 12 en eindig met 'n Britse IGCSE (grade 10 en 11) en AS-vlakke (graad 12). Die boeke is kleurvol en aantreklik en die leerstyle is geskik ook vir kinestiese, visuele en ouditiewe leerders asook dié met leerprobleme. 

Kenweb

http://www.kenweb.info

Kenweb verkoop 'n sterk gesubsidieerde en omvattende stelsel, of los produkte, vir tuisonderrig van graad 1 tot graad 9. Inhoude is gebaseer op die vorige inhoudryke, vakgebaseerde en Christelik-Nasionale leergange terwyl gr 1 tot 3 ook die nuwe leergange dek.