Oulike Afrikaanse tuisskool-blogs

akkreditasie
Hier is die blogs van 'n paar Afrikaanse tuisskoolma's wat hul kinders by die huis leer. Vind inspirasie en tonne oulike idees by hulle!

Juffer

https://juffer.wordpress.com/

Hierdie wonderlike blog word geskryf deur 'n laerskool-juffrou, wat tans werk as remediërende opvoeder vir Gr. 1 – 3. Sy het ‘n liefde vir Graad R, 1, 2 en 3 en deel wonderlike lesse, idees en drukstukke, als gratis. Sy noem haar blog haar "klaskamer – idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen". 

Lomi

http://lomi.co.za

Lizelle Rademeyer is ma van 3 "woelige spruite" wat sy tuis onderrig. Volg hul doen en late op haar blog, waar sy ook oulike idees en hulpmiddele met ons deel. 

Kieswetter Klaskamer

https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/

Janet Kieswetter deel die lesse en aktiwiteite wat sy saam met haar kinders doen in hul tuisklaskamer. 

Kreatiewe Kleuter

http://kreatiewekleuter.blogspot.com/

Dié oulike blog het tonne idees vir aktiwiteite vir peuters en kleuters vanaf 2 tot 5 jaar, asook vir voorskoolse en skoolbeginners van 6 tot 8 jaar. Dis geskryf deur 'n ma wat al 10 jaar lank fasilitering van kreatiewe programme vir kinders doen, en self 'n mamma van 'n kleuter is. Meeste van die aktiwiteite kan gedoen word met dit wat in en om die huis is.

---

Onthou asseblief hierdie ma's besit kopiereg op hul leermiddele waar gespesifiseer, en hulle deel dit vir tuis- of klasgebruik – dis nié toelaatbaar om hierdie middele te verkoop of op 'n ander webtuiste te kopieer nie. Geniet hul harde werk en respekteer asseblief hul kopiereg. Dankie!

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees