book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

15 Dinge swangerskap­geheime

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dis regtig die verkeerde benaming vir iets wat jou hééldag goor laat voel. Soms kan jy bitter min in jou maag hou, en soms is dit net ’n aanhoudende mislikheid wat in jou keel kom sit. Moenie dink omdat jy dit smiddae of saans met aandete kry, dit nie die ware Jakob is nie.

Aangesien jy nie alkohol drink terwyl jy swanger is nie, gaan jy agterkom hoe simpel mense word met ’n drankie of twee agter die blad. Dis waarskynlik waarom vriendinne in groepe swanger raak – dit maak dinge net meer uithoudbaar as almal nie heeltyd vir hul eie grappe lag nie.

Sommige vroue vind dat hulle sek­sueel baie meer prikkelbaar is tydens swangerskap, veral wanneer hulle mooi en goed oor hulleself voel. Daar is ook vroue wat sê dat hulle in hierdie tyd vinniger ’n orgasme bereik en dat die orgasme ook sterker as gewoonlik is. As jy so gelukkig is, onthou om nooit drukking op jou buik toe te laat nie, en dat seks laat in jou swangerskap jou aan die kraam kan sit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees