16 vrae om jou dokter te vra

akkreditasie
'n Paar belangrike vrae oor jou swangerskap wat jy jou dokter kan vra

Moet nooit dink ’n vraag is te dom nie. Dis dikwels beter om ’n lysie vrae neer te skryf en saam te neem omdat ’n mens soms tydens die ondersoek vergeet wat jy wou vra.

Hier is ’n paar voorstelle:

  1. Wanneer sal ek swangerskap-simptome begin ervaar?
  2. Wat is die mees algemene simptome?
  3. Is dit moontlik om steeds te menstrueer terwyl ek swanger is?
  4. Hoe kan ek weet of my simptome normaal is?
  5. Is daar enige kos wat ek tydens my swangerskap moet vermy?
  6. Watter – indien enige – virusse kan skadelik wees vir my ongebore baba en hoe kan ek dit vermy?
  7. Hoe word virusse gedurende swangerskap behandel?
  8. Tot wanneer in my swangerskap kan ek vlieg?
  9. Kan seks tydens swangerskap skadelik wees vir my baba?
  10. Is daar enige aktiwiteite wat ek liefs moet vermy?
  11. Wat is foliensuur en hoe belangrik is dit?
  12. Is daar vitamiene waarvan ek meer moet neem?
  13. Hoeveel kafeïen is veilig?
  14. Hoe hanteer ek verkoue of griep?
  15. Hoeveel gewig behoort ek aan te sit?
  16. Kan ek nog aanhou werk soos wat ek doen?

Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees