"As jy nie kan normaal kraam nie, beweeg aan"

akkreditasie
Lijahane van Heerden van Rustenburg vertel hoe haar epiduraal skeepgeloop het, maar hoe als die moeite werd was vir haar pragtige dogtertjie.

Ek wil graag my laaste baba, Mianke Janie van Heerden se storie met jul deel.

3 September 2011 breek my water in my skoonouers se huis, wat spesiaal was en nou nog oor gelag word!

By die hospitaal was ek maar 2 cm ontsluit en glad nie in pyn nie, maar teen 5 cm wou ek graag epiduraal hê. My 2 seuns is sonder pynstillers gebore, maar ek wou ook "cool" wees soos meeste vriendinne.

Ek word toe ingelig dat my dokter die naweek af is en nie net gaan 'n vreemde narkotiseer my epiduraal doen nie, maar 'n vreemde gynae gaan Mia vang!

Dit het die narkotiseur 4 probeerslae gevat voordat hy tevrede was, maar 'n uur later het ek nog alle gevoel gehad. Mia is 4 uur Sondag 4 September gebore, by 'n wonderlike gynae, sonder dat die epiduraal werk.

Daar is toe vasgestel dat my membraan in my rug geskeur het as gevolg van die epiduraal was verkeerdelik toegedien is. Plat lê was al wat ek kon doen – dis nogal moeilik om te borsvoed as jy net op jou rug mag lê!

Na 24 uur het hy nie self geheg nie en ek moes 'n bloodpatch kry... dis baie soos 'n lumber punch, hul gebruik net jou eie bloed om die skeur in jou rug waar die brein vog lek, te herstel.

Die dokter wat dit geheg het, het my voor die tyd besoek en als verduidelik, maar omdat dit in die teater gedoen sou word het ek aangeneem dit sou onder narkose wees... toe nie!!!

Ons is 6 September huis toe, maar daardie nag het ek van pyn begin halusineer en beelde voor my gesien. Volgende dag is ek in 'n ander hospitaal opgeneem onder 'n neorochirurg, en ek moes in 'n tonnel vir 'n skandeering gaan. Dit het gewys die membraan het nie geheg nie.

Ek moes weer 2 dae plat op my rug lê, met kateter, wat ek in gebed was en op ongelooflik baie pyn medikasie was. Toe die fisio my na die 2de dag laat opstaan en die verskriklike hoofpyn is weg, het ek hardop die Here gedank vir sy wonderwerk, en dat ek nie nog 'n blood patch moes deurgaan nie.

In die hele tyd het my ma my pasgebore baba versorg, want sy kon nie saam met my na die ander hospitaal gaan nie want die saal was slegs vir pasiente wat operasies ondergaan het. My ma het my kom uitmelk al kon Mia dit nie drink as gevolg van medikasie nie, maar dit het my melkproduksie opgehou en ek kon tuis weer borsvoed.

My skoonma het die seuns besig gehou en my man my ondersteun. Daar is werklik engele op hierdie aarde en ek is elke dag dankbaar dat hulle in my lewe is. Al het ek uitgemis op Mia se eerste paar dae as gevolg van die dokter se nalatigheid, is ons band baie sterk en kry ek die mooiste oopmond lag elke môre.

Met 'n geboorte moet mens aanpasbaar wees en nie vashou aan jou idees nie. As jy nie kan normaal kraam nie, beweeg aan en stel jouself op 'n keiser in. Dit maak tog nie saak hoe baba in die lewe kom nie, maar dat jy spesiaal deur Hom gekies is om baba vir Hom groot te maak.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees