Begroot só vir jou boep

akkreditasie
Swangerskap kan 'n duur storie word. Maak seker dat jy vooraf beplan hoe jy vir die swangerskap, en die baba, gaan betaal.

Danelle van Heerde van Sanlam Personal Finance gee raad. 

EERSTE TRIMESTER

  • Vind uit of jou ginekoloog se fooie in geheel deur jou mediese fonds gedek sal word. Pryse kan erg wissel. 
  • Lees jou mediese fonds se swangerskapvoordele goed deur. 
  • Begin spaar vir groot items soos 'n stootwaentjie en bababedjie.

TWEEDE TRIMESTER

  • Jy en jou man moet jul testamente laat opdateer, en uitvind oor ander administratiewe dinge soos die registrasie van jul baba by jul mediese fonds en aftreefonds. Dis nou ook die tyd om weer te kyk na jul lewensversekering, en uit te vind oor opvoedkundige polisse. 
  • Praat by die werk met menselike hulpbronbestuur sodat jy seker is jy verstaan jou swangerskapvoordele. 
  • Vind uit of en hoe jy WVF kan eis. Jy kan dit self doen of 'n maatskappy kry wat instaan vir jou en dit doen.

DERDE TRIMESTER

  • Wag tot ná jou ooievaarstee voor jy die laaste goedjies aanskaf. 
  • Hou alle strokies sodat jy met gemak kan omruil as dit nodig is. 
  • Lees jou mediese fonds se inligting oo geboorte-onkostes. 


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees