"Geboorte op my ouers se huweliksherdenking"

akkreditasie
Sue Pretorius vertel how sy albei haar kinders se geboortes oorleef het, en dit op haar ouers se 35-huweliksherdenking.

Met my 1ste kind het ek gedink die kraam gaan vinnig en maklik gaan, hulle gee epiduraal, ek druk en woeps ons prinses is uit. Ongelukkig nie vir my so gewerk nie,die 21/10/2010 9uur die aand skeer ek en my man die gek met mekaar,soos ek lag piepie ek in my broek(so het ek gedink),my man ene paniekerig spring op en sê hospitaal toe nou,ek ewe kalm sê nee ek wil eers gaan stort en myself mooi maak,hahaha.

Oppad hospitaal toe kry ek my 1ste kontraksie,manlief ry al vinniger,by die hospitaal sê hulle ek het 3cm ontsluit,so gaan die aand verby met kontraksies die een na die ander,ek wat kwaad raak vir my man want hy kan nie reg vryf op die regte plek nie en dan loop ons maar gange op en gange af,lê so 20min in 'n warm bad, maar niks ek wil nie ontsluit nie, 11 uur die volgende oggend stuur hulle my na 'n ander hospitaal vir 'n nood keiser,daar laat hul my in die saal lê en wag vir die teater om oop te gaan,my man vra vir die dokters vir die epiduraal,want ek het baie pyn en hulle sê nee,ek is nog nie 5cm ontsluit nie,so kom 'n ander dokter en vryf my borskas om te help met die pyn,my man lê intussen in die kar en slaap terwyl my suster by my sit en wag, dit was toe al 2uur die volgende middag.

Toe die teater oop is en reg is vir my, so besluit my liggaam om van 3cm na 11cm te onsluit in 'n kwessie van 3sekondes. Die dokter en sisters kom in en verduidelik my wat om wanneer te doen,my man hou my hand vas en ek gil die hospitaal se dak byna af(met die het ander swanger vrouens uit die kraam saal gehardloop toe ek skreeu,want ek het hulle bang gemaak-volgens my suster wat buite sit en wag). Net toe sussie haar koppie wou deursteek, besluit sy om terug te gaan en met die, toe druk die dokter sy hand in en trek haar uit,met my wat een laaste druk gee,my man het net gestaar en toe begin huil van blydskap.

Hulle het haar dadelik gevat na die broeikas,waar my man nie sy oog van haar af gehaal het nie, terwyl hulle vir 'n uur lank gesukkel het om my plasenta los te kry. So is ons dogtertjie op 40weke gebore op 22/10/2010,15:15, 3.4kg en 51cm. Amper 20 ure in  kraam,sonder die epiduraal en 5 steke later. 

My 2de kind het ek sommer geweet dit gaan dieselfde storie wees,ek het glad nie uitgesien na die kraam dag nie,maar dit was anderste.  Ons het gegaan vir die scan en terwyl die dokter die scan doen vra sy of ek seer het,waarop ek sê nie regtig nie,my maag trek net. Sy vermoed ek kry 'n kontraksie, so sê sy ons moet maar reg maak, die mannetjie gaan vanaand kom,sy sê vir my man as ons wil hê dit moet vinniger gebeur moet ons seks hê,want sy sperms sal my water breuk,my man smelt in sy stoel van skaamte.

So gaan slaap my man sommer vroeg vir ingeval boetie besluit dis tyd, 5uur die volgende oggend nog niks kontraksies wat erg is nie,ek en my man besluit toe om die dokter se raad te volg,haha. My ouers is daar en dus hul 35ste huweliks herdenking,ons gee hul geskenkies en gesels. So gaan bad ek en lê bietjie rustig,want toe kry ek 'n sterk kontraksie dis 6:45am,my man sê dis tyd om hospitaal toe te gaan,oppad hospitaal toe raak die kontraksies erger en nader aan mekaar,my man ry vinniger terwyl my suster weer saam is en die pyn weg vryf.

By die hospitaal is masjiene op en hul sê ek is nou eers 3cm,my man en suster gaan doen papierwerk,so kom kyk my man elke nou en dan of ek nog reg is en weer vra hy wanneer kry ek epiduraal,hulle sê as ek 5cm is. Na so rukkie kom my man terug en ek sê toe vir hom met my kwaai stem dis tyd ek wil druk, sisters sê dit kan nie wees nie,hulle onder soek en sien ek is toe 8cm ontsluit,so weer te laat vir die epiduraal, so kom my dokter daaraan en gaan saam met my met die druk proses, hulle moes my water breuk sodat ek die lasste paar  cm kom ontsluit en net daar wil-wil my man opgooi en flou word,hy kry suiker water en net toe hy terug kom gee ek geboorte aan my seuntjie.

Ons albei verlig,trots en bly. So is ons seuntjie op 37weke gebore op die 21/06/2012, 10:15, 3.69kg en 52cm. Amper 5ure in kraam, sonder die epiduraal en 3 steke later. Op sy Ouma en Oupa se huweliksherdenking.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees