"Hy is gebore met twee ekstra pinkies aan elke hand"

akkreditasie
Hierdie ma vertel hoe haar seuntjie gebore was met twee ekstra vingers op elke hand. 

10 Augustus 2012 was ek vir my voorlaaste besoek by die gynie, net om seker te maak als is nog okay want 23 Augustus is ons baba seuntjie se beplande geboorte datum.

Ons het ‘n heerlike nawkeek gehou met baie opwindende beplande dinge hier in Namibia, min weetend dat die mannetjie haastig oppad is. Ek het al van begin Augustus bekken pyne ervaar, maar dit is mos maar soos die lyf regmaak vir baba se koms wat vir my nog ver was of so het ek gedink.

14 Aug is ek doenig in die huis besig om nes te skop en seker te maak als is reg vir baba. Half 3 die midag het ek bloeding erfaar en dadelik na die dok toe gehaas (Dit was nie die mucus plug nie, het al reeds sy verskyning gemaak die week tevore.)

En daar die dag het my hele lewe verander, by die dok vind ek uit ek is al 5cm ontsluit, en ek het ‘n 45min om by die hospital te wees want 4uur wil die dok sny, als was so harwar, my arme man moes huistoe has ek ry huistoe van die dokter met alle emosies denkbaar in my kop. So laai ek al die tassies, en bid dat ek al swat nodig is ingepak het, Maar die heel belangrikste dat my Baba seuntjie okay sal wees.

16:45 is Thomas Lothian Giani Gebore, met ‘n familie geen wat al geslagte saam kom, twee eksta pinkies op elke hand.

Ja ian het 12 vingers met geboorte gehad, maar so volmaak met ‘n bos hare.

Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees