"Ja, wonderwerke gebeur"

akkreditasie
Anzelle vertel hoe sy verlang het om haar seuntjie te sien nadat hy met Congenital Pneumonia gediagnoseer is. 

Wil graag my storie vertel om te wys dat ja wonderwerke gebeur.Ek was 38 weke swanger en wou normaal geboorte gee. Ek is die Woensdag 24 Oktober dokter toe vir n ondersoek en hul het my net daar opgeneem agv baba wat se hartklopi op en af was. Hul het die donderdag oggend begin met induksie maar ons seuntjie wou nie kom nie.

Vrydag oggend se die dokter hul gan 11uur keizer. Ek was geskok en vreeslik hartseer. My man het gewerk en kon nie betyds by my wees nie. Die een suster het my stap vir stap gehelp en als aan my verduidelik. Ek was so bang!!Goed en we'll 11uur stoot hul my in die teater in,dis soos n yskas daar binne!ek sit regop en hul gee my epideuraal en hang die gordyntjie voor my.

Ai tog tot in my verbasing gaan die gevoel ni weg nie,wat nou dink ek. Dokter verduidelik aan my hul gan my maar onder narkose sit. Laaste wat ek kan onthou was dai vriendelike suster weer by my.Toe ek wakker word is ek oppad terug kamer toe van teater af,ek bewe so ek kan nie stil lê nie, geen gevoel in my bene, niks! Ek vra die suster of my baba ok is ek wil hom graag sien sy verduidelik aan my hy het na geboorte ophou asem haal maar is nou weer ok!

NEE, nie dit ook nie maar eks nog so 'gedrug' ek besef nie regtig wat aan gaan nie, lyk heel kalm. Gelukkig kom my skoonma by my in ek vertel haar toe en sys weg na my seuntjie toe. Min te wete dat almal klaar weet maar hul wil my ni ontstel nie. Kry die nuus hul stuur ons na n ander hospitaal toe want daardie hospitaal het beter fasiliteite vir babas. Ok hier gaan ons,solank my seuntjie ok is.

Hulle laai my in die ambulans,ek het nog nie my seun gesien nie. Ek is in,skoon familie almal daar en baba is by die deur ek kan hom nie regtig sien nei,ek was te seer en hy is agter my. Shame arme pappa is in die kar hy sit ons agterna.Ons was skaars 5min op die pad toe slaan die ambulans n man wat oor die pad hardloop en die broeikas val om. My arme kind, hy het sy koppie gestamp, darem nie te erg nie.ambulans mense kom en strap die broeikas vas,gelukkig het ek n kussing en hul vat toe di kussing vir stabiliteit vir hom.

Al die pad is dai wonderlike suster saam my en vra kort kort of ek ok is,versorg my seun en loer of my man nog agter ons aanry sys bang hy verdwaal.yeah na n lang pad is ons finally by die hospitaal, ek en baba uitgelaai, NOG slegte nuus, ons is by die verkeerde hospitaal die dokter ht die verkeerde hospitaal se naam gegee.

Terug in die ambulans opad na die regte hospitaal. Ons is so 8uur se kant opgeneem en baba is in die ICU! Vrydag is verby danki tog, Saterdag gan verby ek mag hom nog nie sien nie ek moet eers herstel. Sondag kom, ek gan hom half 12 sien hul se dan moet ek hom gan voer!yeah so dit se vir my baba is ok min te wete van enige iets! Half 12 Sondag oggend is ek opad na my prins toe. My man wys my waar hy lê.

Ek bars in trane uit. My seun het suurstof op, n drip, sy gesiggie kan mens skaars sien, hyt n pypi in sy mond waardeur hulle hom voer. Nee ek kan dit ni handle ni en ek wou borsvoed. Moes sit en melk express met die hand en daar is so min maar tminste bietjie. Elke 3ure moet ek opstaan en ICU toe gan om hom te voer en doek te ruil. Hy was vir ses dae lank in ICU gewees met Congenital pneumonia.

Ek het rondgevra en hul se dit beteken baba tel dit gedurende di gebo0rte op. Dit is dubbele longontsteking wat vero0rsaak word deur middel van die ma se vrugwater. Indien die aktiewe kraam bietjie te lank vat,sluk baba van die vrugwater en di water gan le binne in di longetjies. Hys vandag 12daggies oud en mooi gesond en baie sterk. Ek dank die Here vir die wonderwerkie wat hy vir my en pappa gegee het. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees