"Kunsmatige Inseminasie werk vir ons"

akkreditasie
'n Paar vroue vertel ons van hulle stryd om swanger te raak en in dié geval, hul suksesse.

Elna is na baie gesukkel geseën met 'n kind

My babaseuntjie is gebore op 11 Mei  2011.  Dit is vir ons 'n groot wonderwerkie na baie gebede, prosesse en genade van Bo.

Sedert April 2003 het ons gesukkel om swanger te  raak en tussen verskillende behandelings, fertiliteitsklinieke, homeopate en dies meer het ons in Februarie 2010 by die fertiliteitskliniek by Panorama Hospitaal beland by fertiliteitspesialis, Dr Dawie Slabbert.

'n Paar maande later in Junie 2010 het ek my eerste kunsmatige insemenasie gehad wat nie suksesvol was nie en in Aug 2010 weer. Dié keer het dit gewerk wat en vandag is Henre hier as die bewys.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees