"Leë moederskoot"

akkreditasie
'n Paar vroue deel hulle hartseer, hoop en vreugde soos hulle sukkel om swanger te raak.

Thea van Pretoria deel haar hartseer

Kort na ons troue in 2001 het ons besef daar’s fout. Min wetend hoe groot die probleem is. Onsuksesvolle behandelings en negatiewe bloeduitslae maand na maand het ons realiteit geword maar steeds het ons nie opgegee nie.

In Oktober 2010 na ‘n KI (Kunsmatige Insiminasie) ontvang ons die wonderlike nuus: Ek is swanger.

Ongelukkig was die goeie nuus van korte duur.

In my hart leef die verwagting steeds dat ek nog ‘n Ma gaan wees. Ek staan gereed om Sy seën te ontvang. Ek weet verseker die Here is elke dag so naby aan my soos my asemteug. Ek weet Hy vou my toe in Sy arms en herinner my elke dag aan Sy beloftes. Ek staan voor Hom en gee alles oor.

Hy het my lief.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees