"My seuntjie se kop het begin swel"

akkreditasie
Bronwyn Bonthuys vertel hoe sy so seker was van hoe sy haar geboorte wou hê, maar dit het glad nie so gebeur nie. 

Toe ek uitvind ek is swanger het ek vir my man gesê ek wil graag normaal kraam en borsvoed. By ons eerste dokters besoek het ek dit aan my dokter ook so gesê en ek het ook gesê ek wil glad nie 'n induksie he nie - hy het net vir my gelag en gesê ons sal maar sien.

Die hele swangerskap het goed verloop sonder enige komplikasies. Op 36 weke het ek een oggend 'n erge kramp gekry, maar toe dit weg gaan na 'n rukkie het ek dit gelos. Die aand het ek 'n bloederige jel afskyding in my onderkleure gehad. My man het my dadelik hospitaal toe gevat en my dokter het my vir 20 min gemonitor.

Hy het my toe huis toe gestuur toe niks gebeur nie en gesê ek moet rustig wees. Met my laaste afspraak toe sê ek vir hom dat ek dink 'n kyser is beter aangesien ek nog nie in kraam ingegaan het nie en ons al op 40 weke is. Ek het weer vir hom gesê ek wil nie 'n induksie hê nie en sal eerder 'n kyser vat. Hy het toe gesê hy doen nie sommer net induksies op enige iemand nie en het gesê hy dink ek is 'n goeie kanidaat. My man sê toe vir my hy dink ons moet na die dokter luister.

Ons het toe die volgende Vrydag die datum vas gemaak om my induksie te doen. Ek is die Donderdag aand in die hospitaal in en was baie onrustig. Die Vrydag oggend 4uur het hulle my wakker gemaak en my reg gekry vir die induksie. Half 5 het die suster die pilletjies kom insit. Ons was so opgewonde ek en my man om uiteindelik ons seuntjie te ontmoet. Niks kon ons voorberei vir wat volgende gebeur het nie.

Teen 8 uur toe skuif hulle my na die kraam saal toe. Ek vra toe vir die suster of ek mag iets eet, want ek het toe al 10uur die Donderdag aand laas geeet. Sy sê toe ja hulle sal nou vir my toast bring. Na 'n uur toe vra ek haar weer en kry toe dieselfde antwoord. Die nakotiseer kom toe en doen my epiduraal en toe begin ons wag vir my om te ontsluit. Volgens my man het my bloeddruk 2 maal geval en was hulle op 'n stadium baie bekommerd oor my en ons seuntjie want ek het ophou asem haal en sy hartklop het verswak. 

Teen 12 uur toe daar nog niks gebeur het nie het ek weer aan die dokter gesê ons moet dalk sommer 'n kyser doen en klaar kry. Maar hy het toe eerder weer pilletjies ingesit vir nog 'n induksie. Teen 4uur daai Vrydag middag het hy my water kom breek. Ek vra toe vir die suster of dit reg is as ek pyn het in my onder lyf, sy het toe deur my ediduraal vir my pyn medisyne gegee wat niks gedoen het nie.

Teen 18h15 is ek spoedig in die teater ingevat vir 'n nood kyser want ons seuntjie se kop het begin swel en hy het in stress ingegaan. Toe die nakotiseer vir my 'n spinaal gee, kom hy agter my epiduraal het uit getrek en niemand het dit agter gekom nie. Alles het so vinnig gebeur daarna. Toe ek weer sien hou die dokter my seuntjie langs my gesig vas.

Gelukkig is my seuntjie baie gesond en baie gelukkig. My raad aan ander vroue luister na jou voorgevoel en moenie dat iemand jou om praat om iets te doen wat jy nie wil doen nie.

Ons is nou weer swanger en ek is net baie bly dat ek ten monste nou weet dit sal 'n kyser wees en nie weer deur alles hoef te gaan nie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees